hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Roep uit van vreugde, onvrugbare, jy wat nie geboorte gegee het nie!

2. “Maak die plek van jou tent groter; rek die afskortings van jou blyplek uit, wees nie spaarsamig nie; maak jou lyne lank en versterk jou penne,

3. want jy sal na regs en na links uitbrei en jou nageslag sal nasies besit en verwoeste stede herbevolk.

4. Moenie vrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie en moenie vernederd voel nie, want jy sal nie onteer word nie, maar jy sal die skande van jou jeug vergeet en die smaad van jou weduweeskap nie meer onthou nie,

5. want jou Maker is jou Man; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die Afgesonderde Een van Yisra’el is jou Loskoper, wat die God van die hele aarde genoem word,

6. want soos ’n verlate vrou en ’n bedroefde van gees het יהוה jou geroep; as ’n vrou wat van haar jeugtyd af verwerp is,” sê jou God.

7. “Vir ’n kort oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot omgee sal Ek jou bymekaarmaak.

8. In ’n uitbarsting van toorn het Ek vir ’n oomblik My gesig vir jou verberg, maar met ewige liefdevolle goedheid sal Ek vir jou omgee,” sê יהוה, jou Loskoper.Gen 9:11 so het Ek gesweer dat Ek nie vir jou kwaad sal wees of jou sal bestraf nie,

9. <.54:9 “Soos in die dae van Noag is dit vir My, toe Ek gesweer het dat die waters van Noag nie weer die aarde sou oorstroom nie;

10. want die berge mag verwyder word en die heuwels mag skud, maar My liefdevolle goedheid sal nie van jou verwyder word nie en My verbond van vrede sal nie geskud word nie,” sê יהוה, wat vir jou omgee.

11. “O, geteisterde een, deur ’n storm rondgegooi, ongetrooste, let op, Ek lê jou stene in antimoon en Ek sal jou fondasies in saffiere lê.

12. Ek sal verder jou gevegsdrag maak van robyne, jou poorte van kristal en jou hele muur van kosbare stene.Yog 6:45 en die vrede van jou seuns sal groot wees.

13. יהוה sal al jou seuns leer

14. In onpartydige opregtheid sal jy gevestig word; ver van onderdrukking, want jy sal nie vrees nie en ver van verskrikking, want dit sal nie naby jou kom nie.

15. As iemand jou wild aanval, sal dit nie van My af wees nie; wie jou ook al aanval, sal val as gevolg van jou.

16. Let op, Ék het self die smid geskep wat die koolvuur aanblaas en ’n instrument vir sy werk voortbring en Ék het die Vernietiger geskep om te verwoes.

17. Geen wapen wat teen jou gevorm word, sal voorspoedig wees nie en elke tong wat jou beskuldig in oordeel, sal jy veroordeel. Dit is die erfenis van die diensknegte van יהוה en hulle vryspraak is van My,” verklaar יהוה.Yog 7:37,38