hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 52 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Word wakker, word wakker, trek jouself aan met jou sterkte, o Tziyon; trek jouself aan in jou pragtige klere, o Yerushalayim, die afgesonderde stad, want die onbesnedene en die onreine sal nie langer in jou inkom nie.

2. Skud jouself los uit die stof, staan op, o gevange Yerushalayim; maak jouself los van die kettings om jou nek, o gevange dogter van Tziyon,1 Kef 1:18

3. want so sê יהוה: “Julle is verkoop vir niks en julle sal vrygekoop word sonder geld,”

4. want so sê יהוה-God: “My volk het aanvanklik afgetrek na Mitzrayim om daar te bly; toe het Ashur hom sonder rede onderdruk.Yeg 36:20; Rom 2:24

5. “Wat het Ek dus nou hier?” verklaar יהוה; “aangesien My volk sonder rede weggevat is?” יהוה verklaar: “Die wat oor hulle heers raas en My Naam (Karakter en Outoriteit) word voortdurend, die hele dag lank, sleg gepraat;

6. daarom sal My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) ken; daarom is Ek die Een wat praat in daardie dag: ‘Hier is Ek!’”Rom 10:15; Efe 6:15 en goeie nuus van geluk verkondig, wat verlossing aankondig en vir Tziyon sê: “Jou God heers!”

7. Hoe lieflik is die voete van hom wat die goeie nuus bring op die berge, wat vrede aankondig

8. Luister! Jou wagte lig hulle stem op, hulle skreeu vreugdevol saam, want hulle sal met hulle eie oë sien wanneer יהוה Tziyon herstel.

9. Breek uit, juig vreugdevol saam, puinhope van Yerushalayim, want יהוה het Sy volk getroos, Hy het Yerushalayim losgekoop.

10. יהוה het Sy afgesonderde arm ontbloot voor die oë van al die nasies sodat al die eindes van die aarde die verlossing van ons God kan sien.2 Kor 6:14-18 reinig julleself, draers van die voorwerpe van יהוה!

11. Vertrek, vertrek, gaan daaruit weg, raak aan geen onrein ding nie; gaan uit haar midde uit,

12. Julle moet egter nie in haas uitgaan of as vlugtelinge nie, want יהוה sal voor julle uitgaan en die God van Yisra’el is julle agterhoede.

13. Let op, My Dienskneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en opgelig wees, grootliks verhewe.

14. Net soos baie hulle oor jou verstom het, so is Sy voorkoms meer ontsier as enige mens en Sy voorkoms meer as die seuns van die mens.Yes 64:3,4; Rom 15:21; 1 Kor 2:9; 1 Kor 15:3,4

15. So sal Hy baie nasies reinig, konings sal hulle mond toehou as gevolg van Hom, want wat nie aan hulle vertel is nie, sal hulle sien en wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle verstaan.Yog 12:38; Rom 10:16