hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21 Die Boodskap (DB)

Voorskrifte vir die mense wat by

1. Die Here het vir Moses gesê dat hy vir die mense uit Aäron se familie wat vir Hom by die tent werk, moet waarsku. “Hulle moet nie hulleself onbruikbaar vir hulle werk maak en aan iemand uit die volk wat dood is, se lyk vat nie.

2. Die dienaar mag wel aan die lyk van sy naaste familie vat, soos dié van sy ma of sy pa, sy seun of sy dogter, sy broer

3. of sy suster, mits sy nooit getroud was nie.

4. Hy mag egter nie aan die lyk van sy vrou of haar familie raak nie. Dit sal hom onbevoeg maak vir sy werk.

5. God se dienaars mag ook nie soos die ongelowiges ’n kaal kol op hulle kop afskeer of die kant van hulle baard wegsny of merke op hulleself uitkerf wanneer hulle oor dooies rou nie.

6. Hulle moet heeltemal toegewyd wees aan hulle God en hulle moenie iets doen wat sy Naam oneer sal aandoen nie. Hulle moet op ’n manier leef wat wys dat hulle met alles aan die Here behoort. Dit is hulle werk om die offers vir die Here te bring en sy offerdiens by die tent aan die gang te hou.

7. Iemand wat by die Here se tent werk, mag nie met ’n prostituut trou of met ’n vrou wat in die skande gekom het nie. Hy mag ook nie met ’n vrou trou wat van haar man geskei is nie. Hy moet afgesonder en aan sy God toegewy leef.

8. Omdat hy die een is wat die offer vir God bring, moet jy hom respekteer as een wat net vir God leef. Jy moet hom behandel as iemand wat aan God behoort. Ek, die Here, is die enigste God. Ek verbind julle aan My sodat julle aan niemand anders behoort nie.

9. As die dienaar by God se tent ’n dogter het wat ’n prostituut geword het, bring dit haar pa in die skande. Sy moet met vuur verbrand word.”

Voorskrifte vir die leier van God se werkers

10. “Die persoon wat aangestel is om die leier van die dienaars by die Here se tent te wees en die spesiale klere daarvoor dra, mag nie sy hare los laat hang of sy klere skeur wanneer hy treur oor iemand wat dood is nie.

11. Hy mag nie sy belangrikheid verminder en naby enige dooie mens kom nie. Selfs nie eens as sy pa of ma dood is, mag hy

12. by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here.

13. Hy mag net met ’n vrou trou wat nog nie by ’n man geslaap het nie.

14. Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie.

15. As hy met een van hulle sou trou, mag die kinders wat hy by die vrou kry, glad nie by die Here se tent kom werk nie. Ek is die Here. Ek het hom aan My alleen toegewy.”

Dié wat nie die offer mag bring nie

16. Die Here het verder vir Moses gesê

17. om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie.

18. “Iemand wat blind is, of kreupel of gebreklik is aan sy lyf,

19. verlam is aan sy voet of sy hand,

20. wat ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n pêrel oor sy oog het, of ekseem of skurfsiekte het, of ’n verminkte geslagsdeel het, mag nie die offer by die Here se tent vir Hom bring nie.

21. Enige man uit Aäron se nageslag wat enige van hierdie probleme het, mag nie nader kom en by die tent die offer vir die Here bring nie. Sy gebrek verbied dit dat hy God se offer bring.

22. Hy mag egter saam met die ander dienaars in sy familie van die offers eet wat vir die Here gebring is, selfs ook van die spesiale offers.

23. Omdat hy gestremd is, mag hy egter glad nie naby die gordyn in die tent of by die altaar kom nie. Ek, die Here, het my tent afgesonder en dit iets spesiaals gemaak. Hy sal afbreuk daaraan doen as hy daar kom.”

24. Moses het dit toe aan Aäron en sy seuns en al die Israeliete oorgedra.