hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10 Bybel vir Almal (ABA)

Die silwer trompette

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet twee silwer trompette maak, jy moet hulle maak van silwer wat jy met die hamer slaan. Jy moet hulle gebruik om die volksvergadering te roep om bymekaar te kom en om die Israeliete verder te laat gaan.

3. Wanneer iemand altwee die trompette blaas, dan moet die hele volksvergadering by jou bymekaarkom voor die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.

4. Wanneer iemand net een trompet blaas, dan moet die leiers by jou bymekaarkom, hulle is die stamhoofde van Israel.

5. Wanneer julle die trompette hard blaas, dan moet die Israeliete in die kampe oos van die tempel-tent begin om verder te gaan.

6. Wanneer julle ’n tweede maal hard blaas, dan moet die mense in die kampe suid van die tempel-tent begin om verder te gaan. Julle moet hard op die trompette blaas wanneer hulle verder moet gaan.

7. Julle moet die trompette blaas om die volksvergadering te roep om bymekaar te kom, maar julle moenie hard blaas nie.

8. Die seuns van Aäron, die priesters, moet die trompette blaas. Julle en julle nageslag moet dit altyd so doen.

9. Wanneer daar in julle land oorlog kom teen vyande wat vir julle verdruk, dan moet julle hard op die trompette blaas. Julle God die Here sal dan aan julle dink en Hy sal julle red van julle vyande.

10. Wanneer julle wil feesvier op julle feesdae en op die eerste dag van die maand, dan moet julle die trompette blaas by julle brand-offers en julle ete-offers. Julle God sal dan aan julle dink. Ek is julle God die Here.”

Die Israeliete gaan uit die Sinai-woestyn

11. Die wolk het opgegaan van bo die tent waarin die tien gebooie was. Dit was op die twintigste dag van die tweede maand in die tweede jaar.

12. Die Israeliete het toe uit die Sinai-woestyn gegaan en hulle het verder gegaan totdat die wolk gestop het in die Paran-woestyn.

13. Hulle het weer verder begin gaan toe die Here vir Moses gesê het hulle moet gaan.

14. Iemand het voor geloop en hy het die vlag van die Juda-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan.Nagson seun van Amminadabwas die hoofvan die Juda-groep.

15. Netanel seun van Suarwas die hoofvan die Issaskar-groep.

16. Eliab seun van Gelonwas die hoofvan die Sebulon-groep.

17. Hulle het die tempel-tent afgeslaan, en die Gerson-familie en die Merari-familie het die tent gedra en ook gegaan.

18. Daarna het iemand die vlag van die Ruben-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan.Elisur seun van Sedeürwas die hoofvan die Ruben-groep.

19. Selumiël seun van Suri-Saddaiwas die hoofvan die Simeon-groep.

20. Eljasaf seun van Deüelwas die hoofvan die Gad-groep.

21. Daarna het die Kehat-familie gegaan en hulle het die gewyde dinge gedra. Die priesters het die tempel-tent op die nuwe kampplek opgeslaan voordat die Kehat-familie daar aangekom het.

22. Daarna het iemand die vlag van die Efraim-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Elisama seun van Ammihudwas die hoofvan die Efraim-groep.

23. Gamliël seun van Pedasurwas die hoofvan die Manasse-groep.

24. Abidan seun van Gidoniwas die hoofvan die Benjamin-groep.

25. Die laaste vlag was altyd die vlag van die Dan-kamp. Iemand het dit gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Agiëser seun van Ammi-Saddaiwas die hoofvan die Dan-groep.

26. Pagiël seun van Okranwas die hoofvan die Aser-groep.

27. Agira seun van Enanwas die hoofvan die Naftali-groep.

28. Dit is hoe die Israeliete in groepe gegaan het toe hulle verder gegaan het.

Moses vra vir Gobab om saam te gaan

29. Moses het vir Gobab, seun van Moses se skoonpa Reüel van die land Midian, gesê: “Ons gaan nou na die land wat die Here belowe het om vir ons te gee. Jy moet saam met ons kom. Ons sal goed wees vir jou, want die Here het gesê dit sal goed gaan met ons.”

30. Gobab het vir Moses gesê: “Nee, ek wil teruggaan na my land en my familie, ek wil nie saam met julle gaan nie.”

31. Toe sê Moses: “Asseblief, jy moenie weggaan van ons nie. Jy weet waar ons in die woestyn ons tente kan opslaan en jy moet ons lei.

32. As jy saam met ons gaan, dan sal ons vir jou ook van die goeie dinge gee wat die Here vir ons sal gee.”

Die verbondskis gaan voor die Israeliete

33. Die Israeliete het weggegaan van die berg van die Here. Hulle het drie dae lank elke dag verder gegaan. Die verbondskis van die Here het drie dae voor hulle gegaan om ’n plek te kry waar hulle kon bly.

34. Wanneer die Israeliete uit die kamp gegaan het, dan was die wolk van die Here in die dag oor hulle.

35. Wanneer die kis weggegaan het, dan het Moses gesê:“Here, U moet opstaan,u vyande moet weghardloopna al die kante toe,die mense wat nie lief isvir U nie,moet wegvlug.”

36. En wanneer die kis op een plek gebly het, dan het Moses gesê:“Here van die tienduisendeIsraeliete,U moet terugkom.”