hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 1 Bybel vir Almal (ABA)

Moses en Aäron tel die Israeliete

1. Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Dit was op die eerste dag van die tweede maand nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Die Here het gesê:

2. “Julle moet al die mense van die volk Israel tel. Julle moet elkeen se naam in ’n boek skryf, en julle moet ook skryf van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.

3. Moses, jy en Aäron moet dit doen. Julle moet in die boek die naam skryf van elke man wat 20 jaar of ouer is, elkeen wat oorlog kan maak, en ook by watter groep van die leër hy moet wees.

4. Een persoon van elke stam, ’n familiehoof, moet vir julle help.

5. Hier is die name van die persone wat vir julle moet help:“Van die stam Ruben: Elisurseun van Sedeür,

6. van Simeon: Selumiëlseun van Suri-Saddai,

7. van Juda: Nagsonseun van Amminadab,

8. van Issaskar: Netanelseun van Suar,

9. van Sebulon: Eliabseun van Gelon,

10. van die nageslag van Josef,van Efraim: Elisamaseun van Ammihud,van Manasse: Gamliëlseun van Pedasur,

11. van Benjamin: Abidanseun van Gidoni,

12. van Dan: Agiëserseun van Ammi-Saddai,

13. van Aser: Pagiëlseun van Okran,

14. van Gad: Eljasafseun van Deüel,

15. van Naftali: Agiraseun van Enan.

16. “Ek het hierdie stamhoofde uit die volksvergadering gekies. Hulle is die hoofde van die groepe in die leër van Israel.”

17. Nadat die Here hierdie manne gekies het, het Moses en Aäron hulle geneem

18. en die hele volksvergadering laat bymekaarkom op die eerste dag van die tweede maand. Elke man wat 20 jaar of ouer was, moes sê van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.

19. Dit was wat die Here vir Moses gesê het, en Moses het in die Sinai-woestyn hulle name in die boek geskryf.

20-46. Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders:Ruben, die oudste seunvan Israel: 46 500 manneSimeon: 59 300Gad: 45 650Juda: 74 600Issaskar: 54 400Sebulon: 57 400Efraim seun van Josef: 40 500Manasse seun van Josef: 32 200Benjamin: 35 400Dan: 62 700Aser: 41 500Naftali: 53 400Almal saam: 603 550 manne.

Die werk van die Leviete

47. Moses-hulle het nie die manne van die Levi-stam saam met die ander Israeliete getel nie.

48. Die Here het vir Moses gesê:

49. “Jy moenie die name van die Leviete in hierdie boek skryf nie, jy moet hulle nie saam met die ander Israeliete tel nie.

50. Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan.

51. Wanneer hulle die tempel-tent na ’n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op ’n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer ’n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.

52. Elke stam van Israel moet hulle tente opslaan op hulle eie plek en by hulle eie vlag in hulle groepe.

53. Maar die Leviete moet hulle tente opslaan rondom die tent waarin die kis en die tien gebooie is. Hulle moet dit doen sodat die Here nie kwaad word en die volk Israel straf nie. Die Leviete moet werk met die tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tent.”

54. Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het, hulle het dit presies so gedoen.