hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12 Bybel vir Almal (ABA)

Mirjam en Aäron is opstandig teen Moses

1. Moses het getrou met ’n vrou wat van die land Kus gekom het. Mirjam en Aäron was ontevrede en het daaroor met Moses gepraat.

2. Hulle het gesê: “Die Here het nie net met Moses gepraat nie, Hy het ook met ons gepraat.”Die Here het gehoor wat hulle sê.

3. Moses was ’n baie nederige man, meer nederig as al die ander mense op die aarde.

4. Maar die Here het toe dadelik vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Julle drie moet na die tent gaan waar Ek aan die Israeliete verskyn.”Hulle het dit gedoen,

5. en die Here het afgekom in ’n wolk-pilaar en Hy het by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam, en hulle het vorentoe gekom.

6. Die Here sê toe: “Luister goed na wat Ek sê. Wanneer Ek, die Here, vir julle ’n profeet stuur, dan sal Ek vir hom wys wie Ek is, Ek sal met hom praat terwyl hy droom.

7. Maar my dienaar Moses is nie so ’n profeet nie, hy is die persoon wat Ek gekies en aangestel het oor almal wat aan My behoort.

8. Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”

9. Die Here was kwaad vir Aäron en Mirjam en Hy het weggegaan.

10. Maar toe die wolk weggaan van die tent, was Mirjam melaats, haar vel was wit soos sneeu. Toe Aäron na haar toe draai, het hy gesien dat sy melaats is.

11. Aäron het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, jy moenie vir ons straf oor die sonde wat ons gedoen het nie, ons was dwaas.

12. Asseblief, moenie dat Mirjam word soos ’n kind wat doodgebore is nie, soos ’n kind wat net ’n halwe liggaam het nie.”

13. Moses bid toe tot die Here, en hy vra: “O God, maak haar asseblief gesond.”

14. Die Here het vir Moses gesê: “As haar pa in haar gesig gespoeg het, dan sou sy sewe dae lank daaraan moes dink dat hy haar verneder het. Sy moet sewe dae lank buite die kamp bly, dan kan sy terugkom.”

15. Hulle het toe vir Mirjam sewe dae lank buite die kamp laat bly. Die volk het nie daar weggegaan voordat sy teruggekom het nie.

16. Daarna het die volk weggegaan van die stad Gaserot en hulle het hulle tente opgeslaan in die Paran-woestyn.