hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33 Bybel vir Almal (ABA)

Die plekke waar die Israeliete gegaan het

1. Hier is ’n lys van die plekke waar die Israeliete elke maal gekom het toe hulle uit Egipte gegaan het. Hulle het in groepe gegaan, en Moses en Aäron het hulle gelei.

2. Die Here het gesê Moses moet die name opskryf van die plekke van waar hulle elke maal verder gegaan het, en Moses het dit gedoen. Hier is ’n lys van die plekke:

3. Hulle het op die vyftiende dag van die eerste maand van Raämses verder gegaan. Dit was die oggend ná die Paasfees. Die Here het hulle gelei, en al die Egiptenaars het gestaan en kyk toe hulle weggaan.

4. Die Egiptenaars was toe besig om hulle oudste seuns te begrawe. Die Here het die oudste seuns laat sterf, en Hy het hulle gode gestraf.

5. Die Israeliete het van Raämses verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Sukkot.

6. Hulle het van Sukkot verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Etam, langs die woestyn.

7. Van Etam het hulle teruggegaan na Pi-Hagirot, by Baäl-Sefon, en hulle het hulle tente opgeslaan by Migdol.

8. Hulle het verder gegaan van Pi-Hagirot, hulle het deur die see na die woestyn van Etam gegaan en ná drie dae het hulle toe hulle tente opgeslaan by Mara.

9. Van Mara het hulle verder gegaan en by Elim gekom. Daar was twaalf fonteine en 70 palmbome.

10. Hulle het van daar verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by die Riet-see, en daarna

11. in die Sin-woestyn,

12. by Dofka,

13. by Alus,

14. en by Refidim. By Refidim was daar nie water vir die volk om te drink nie.

15. Van Refidim het hulle verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan in die Sinai-woestyn,

16. toe by Lus-grafte,

17. Gaserot,

18. Ritma,

19. Rimmon-Peres,

20. Libna,

21. Rissa,

22. Kehelata,

23. Sefer-berg,

24. Garada,

25. Makhelot,

26. Tagat,

27. Terag,

28. Mitka,

29. Gasmona,

30. Moserot,

31. Bene-Jaäkan,

32. Gor-Gidgad,

33. Jotbata,

34. Abrona,

35. Esjon-Geber,

36. en in die Sin-woestyn, by die stad Kades.

37. Hulle het van Kades verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Hor-berg, langs die land Edom.

38. Die priester Aäron het teen Hor-berg opgegaan en hy het daar gesterf. Die Here het gesê hy moet daar sterf. Dit was op die eerste dag van die vyfde maand in die veertigste jaar nadat die Israeliete uit Egipte gekom het.

39. Aäron was 123 jaar oud toe hy op Hor-berg gesterf het.

40. Die koning van Arad was ’n Kanaäniet. Hy het gehoor dat die Israeliete in sy land gekom het. Hy het in die Suid-land gewoon, in die land Kanaän.

41. Die Israeliete het van Hor-berg verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Salmona,

42. toe by Punon,

43. Obot,

44. Ije-Abarim in die land Moab,

45. Dibon-Gad,

46. Almon-Diblatajim,

47. die Abarim-berge by Nebo,

48. en in die Moab-vlakte naby die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.

49. Hulle het hulle tente opgeslaan naby die Jordaan-rivier, van die stad Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim in die Moab-vlakte.

Die Israeliete moet die mense wegjaag wat in die land woon

50. Die Here het met Moses gepraat in die Moab-vlakte, by die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses gesê:

51. “Jy moet met die Israeliete praat en vir hulle sê: Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gaan na die land Kanaän,

52. dan moet julle al die mense wegjaag wat in die land woon. Julle moet hulle beelde stukkend slaan, die klip-beelde en die metaal-beelde, en julle moet hulle offer-plekke verwoes.

53. Dan moet julle die land vir julle vat en julle moet daar gaan woon, want Ek het die land vir julle gegee, julle moet dit kry.

54. Julle moet lootjies trek en julle moet die land verdeel tussen julle families. Julle moet vir ’n groot familie ’n groot stuk grond gee en vir ’n kleiner familie ’n kleiner stuk grond. Elke persoon moet die grond kry wat die lootjie sê. Elke stam moet sy eie grond hê.

55. En as julle nie die mense wegjaag wat in die land woon nie, dan sal daardie mense wat julle laat oorbly, vir julle wees soos dorings in julle oë en soos skerp penne in julle heupe. Hulle sal julle laat swaarkry in die land waar julle woon.

56. En dan sal Ek die slegte dinge aan júlle doen wat Ek aan hulle wou doen.”