hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34 Bybel vir Almal (ABA)

Die grense van die land

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle sal die land Kanaän kry, die hele land tot by sy grense.“Wanneer julle in die land gekom het,

3. dan moet die grense só wees: Die suidelike grens moet wees van die Sin-woestyn tot teen die land Edom. Die suidgrens moet begin langs die oostelike strand van die Sout-see,

4. en dan moet die grens draai suid van Skerpioen-pas en verder gaan tot by Sin. Dan moet die grens suid van Kades-Barnea verbygaan tot by Gasar-Addar en verder tot by Asmon.

5. Daar draai die grens en dit gaan na Egipte-spruit en tot teen die see.

6. “Die wesgrens moet die Groot See wees.

7. “Die noordgrens moet by die Groot See begin en met ’n reguit lyn gaan tot by Hor-berg

8. en van daar met ’n reguit lyn tot by Lebo-Hamat. Verder moet die grens gaan tot by Sedad,

9. en dan verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit moet julle noordgrens wees.

10. “Die oosgrens moet van Gasar-Enan met ’n reguit lyn gaan tot by Sefam,

11. dan tot by Ribla, oos van Ajin, en verder langs die strand oos van die see van Gennesaret,

12. en teen die Jordaan-rivier tot by die Sout-see.“Dit moet die grense van die land wees.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle moet verdeel tussen nege en ’n halwe stamme, soos die Here gesê het.

14. Want die families van die Ruben-stam en die Gad-stam en die een helfte van die Manasse-stam het klaar hulle grond gekry.

15. “Die twee en ’n halwe stamme het hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.”

Die manne wat die land moet verdeel

16. Die Here het vir Moses gesê:

17. “Die manne wat die land moet verdeel, is die priester Eleasar en Josua seun van Nun,

18. en saam met hulle moet julle een leier neem uit elke stam, hulle moet die land verdeel.

19. Die leiers is:“Kaleb seun van Jefunnevir die Juda-stam,

20. Samuel seun van Ammihudvir Simeon,

21. Elidad seun van Kislonvir Benjamin,

22. Bukki seun van Jogli vir Dan,

23. vir die Josef-stammeGaniël seun van Efodvir Manasse,

24. en Kemuel seun van Siftanvir Efraim,

25. Elisafan seun van Parnakvir Sebulon,

26. Paltiël seun van Assanvir Issaskar,

27. Agihud seun van Selomivir Aser,

28. en Pedael seun van Ammihudvir Naftali.”

29. Die Here het hierdie manne gekies om die land Kanaän te verdeel vir die Israeliete.