hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35 Bybel vir Almal (ABA)

Die Leviete moet stede kry

1. Die Here het met Moses gepraat in die Moab-vlakte by die Jordaan-rivier oorkant Jerigo. Die Here het gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir die Leviete stede gee om in te woon in die land wat hulle kry. Hulle moet ook vir die Leviete weiveld rondom die stede gee.

3. Die Leviete moet in die stede woon en daar moet weiveld wees vir al hulle diere.

4. Die weiveld by die stede wat julle vir die Leviete gee, moet rondom die stede wees, dit moet 1 000 el weg van die muur van die stad wees.

5. Julle moet van die buitekant van die stadsmuur 2 000 el na elke kant meet, en die stad moet in die middel wees. Dit is die weiveld by die stede wat die Leviete moet kry.

6. Ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet asielstede wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy iemand anders doodgemaak het. Saam met hierdie stede moet julle nog 42 ander stede vir hulle gee.

7. Julle moet vir die Leviete altesaam 48 stede gee saam met hulle weivelde.

8. ’n Groot stam moet meer stede vir die Leviete gee en ’n kleiner stam moet minder stede vir hulle gee.”

Die asielstede

9. Die Here het vir Moses gesê:

10. “Jy moet met die Israeliete praat en vir hulle sê: Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gaan na die land Kanaän,

11. dan moet julle stede kies wat vir julle asielstede kan wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy ’n ander mens per ongeluk doodgemaak het.

12. Die stede moet asielstede wees vir julle. Die naaste familielid van die persoon wat gesterf het, mag nie in die asielstad die moordenaar doodmaak wat een van sy familie doodgemaak het nie. Die volksvergadering moet eers oor hom oordeel.

13. Julle moet ses stede gee wat asielstede kan wees vir julle.

14. Julle moet drie stede oorkant die Jordaan-rivier en drie stede in die land Kanaän gee om asielstede te wees.

15. Daardie ses stede moet asielstede wees vir die Israeliete en vir die vreemdelinge en ander mense by hulle wat nie Israeliete is nie. Elkeen wat iemand doodmaak maar wat dit per ongeluk gedoen het, moet daarnatoe kan vlug.

16. “Maar as hy iemand met ’n stuk yster doodgeslaan het, dan is hy ’n moordenaar, en ’n moordenaar moet sterf, dit is seker.

17. En as hy iemand met ’n gevaarlike klip geslaan het, en die persoon sterf, dan is hy ’n moordenaar, en ’n moordenaar moet sterf, dit is seker.

18. Of as hy iemand met ’n gevaarlike stuk hout geslaan het, en die persoon sterf, dan is hy ’n moordenaar, en ’n moordenaar moet sterf, dit is seker.

19. “Die persoon wat die moordenaar moet doodmaak, is die naaste familielid van die persoon wat dood is. Hy moet hom doodmaak waar hy hom kry.

20. “En ook wanneer iemand ’n ander persoon haat en hy stamp hom of hy wag vir hom en gooi hom dood met iets,

21. of wanneer iemand ’n vyand is van iemand anders en hy slaan die persoon dood, dan moet die persoon wat hom doodgeslaan het, ook sterf, dit is seker. Hy is ’n moordenaar, en die naaste familielid van die persoon wat gesterf het, moet die moordenaar doodmaak waar hy hom kry.

22. “Maar iemand is miskien nie ’n vyand van iemand anders nie, en hy stamp hom skielik of hy gooi hom per ongeluk raak met iets.

23. Of hy gooi ’n gevaarlike klip, hy sien nie waarnatoe die klip gaan nie, en hy gooi iemand raak wat nie sy vyand is nie, iemand wat hy nie wil seermaak nie. As daardie persoon sterf,

24. dan moet die volksvergadering oordeel tussen die persoon wat die ander een doodgemaak het en die familielid van die persoon wat dood is.

25. Die volksvergadering moet die persoon wat die ander een doodgemaak het, red van die familielid van die persoon wat dood is. Die vergadering moet hom terugstuur na die asielstad waarnatoe hy gevlug het, en hy moet daar bly totdat die hoëpriester gesterf het wat met die gewyde olyf-olie gesalf is.

26. “Maar as die persoon wat die ander een doodgemaak het, buite die grens gaan van die asielstad waarnatoe hy gevlug het,

27. en die familielid van die persoon wat dood is, kry hom en hy maak hom dood, dan is die familielid nie skuldig omdat hy hom doodgemaak het nie.

28. Wanneer die persoon wat die ander persoon doodgemaak het, in die asielstad bly totdat die hoëpriester dood is, dan mag hy daarna teruggaan na sy grond.

29. Dit is wat julle en julle nageslag moet doen oral waar julle woon.

30. “Wanneer iemand ’n ander mens doodmaak, en getuies sê hulle het dit gesien, dan moet die moordenaar sterf. Maar wanneer daar net een getuie is, dan mag die moordenaar nie sterf nie.

31. Julle moenie geld neem van iemand omdat hy wil hê jy moet sê ’n moordenaar moenie sterf nie, want ’n moordenaar móét sterf, dit is seker.

32. Julle moet ook nie geld neem omdat ’n persoon wat na ’n asielstad gevlug het, wil hê jy moet sê hy mag teruggaan om op sy grond te woon nie. Hy moet in die asielstad bly totdat die hoëpriester gesterf het.

33. Julle moenie die land ontwy waar julle woon nie, want moord ontwy ’n land. Niemand kan versoening doen vir die land waar iemand vermoor is nie. Die moordenaar moet ook sterf, net dít sal vir die land versoening doen.

34. Julle moenie die land waar julle woon, onrein laat word nie. Dit is die land waar Ek self ook woon, want Ek woon tussen die Israeliete.”