hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26 Bybel vir Almal (ABA)

Moses en Eleasar tel die Israeliete

1. Nadat daar so baie Israeliete gesterf het, het die Here vir Moses en die priester Eleasar seun van Aäron gesê:

2. “Julle moet al die Israeliete tel, almal wat 20 jaar oud of ouer is, almal wat oorlog kan maak. Julle moet opskryf uit watter families hulle kom.”

3. Moses en die priester Eleasar het toe met die Israeliete gepraat in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Hulle het gesê

4. hulle wil weet wie is almal ouer as 20 jaar. Die Here het vir Moses gesê hulle moet dit doen, soos hulle gedoen het toe die Israeliete uit Egipte gekom het.

5. Ruben was die oudste seun van Israel. Die families in die Ruben-stam was Henog, Pallu,

6. Gesron en Karmi.

7. Daar was 43 700 persone in die families van die Ruben-stam.

8. Die seun van Pallu was Eliab,

9. en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.

10. Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het ’n teken geword vir ander mense,

11. maar die kinders van Korag het nie gesterf nie.

12. Die families in die Simeon-stam was Nemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Daar was 22 200 persone in die families van die Simeon-stam.

15. Die families in die Gad-stam was Sefon, Gaggi, Suni,

16. Osni, Eri,

17. Arod en Areli.

18. Daar was 40 500 persone in die families van die Gad-stam.

19. Er en Onan was seuns van Juda, maar hulle het gesterf in die land Kanaän.

20. Die families in die Juda-stam was Sela, Peres en Serag.

21. Die families van die nageslag van Peres was Gesron en Gamul.

22. Daar was 76 500 persone in die families van die Juda-stam.

23. Die families in die Issaskar-stam was Tola, Puwwa,

24. Jasub en Simron.

25. Daar was 64 300 persone in die families van die Issaskar-stam.

26. Die families in die Sebulon-stam was Sered, Elon en Jagleël.

27. Daar was 60 500 persone in die families van die Sebulon-stam.

28. Josef was die voorvader van die families van Manasse en Efraim.

29. Die eerste familie in die Manasse-stam was Makir, en die mense van Makir was die voorouers van die Gilead-families.

30. Die Gilead-families was Iëser, Gelek,

31. Asriël, Sekam,

32. Semida en Gefer.

33. Selofgad seun van Gefer het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.

34. Daar was 52 700 persone in die families van die Manasse-stam.

35. Die Efraim-families was Sutelag, Beker en Tagan.

36. Sutelag was ook die voorvader van die Eran-familie.

37. Daar was 32 500 persone in die families van die Efraim-stam.Dit was al die families van die nageslag van Josef.

38. Die families in die Benjamin-stam was Bela, Asbel, Agiram,

39. Sefufam en Gufam.

40. Bela was ook die voorvader van die families Ard en Naäman.

41. Daar was 45 600 persone in die families van die Benjamin-stam.

42. Die familie Sugam was die enigste familie van die Dan-stam.

43. Daar was 64 400 persone in die familie van Sugam.

44. Die families in die Aser-stam was Jimna, Jiswi en Beria.

45. Beria was ook die voorvader van die families Geber en Malkiël.

46. Aser het ook ’n dogter gehad, haar naam was Serag.

47. Daar was 53 400 persone in die families van die Aser-stam.

48. Die families in die Naftali-stam was Jagseël, Guni,

49. Jeser en Sillem.

50. Daar was 45 400 persone in die families van die Naftali-stam.

51. Die Israeliete was almal saam 601 750.

52. Die Here het vir Moses gesê:

53. “Jy moet die land verdeel tussen hierdie families. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.

54. Jy moet vir ’n groot familie ’n groter stuk grond gee en vir ’n klein familie ’n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.

55. Maar jy moet lootjies trek wanneer jy die land verdeel.

56. Die lootjies moet wys watter stuk grond elke familie moet kry, watter grond die groot families moet kry, en wat die klein families moet kry.”

57. Die families in die Levi-stam was Gerson, Kehat en Merari.

58. Ander Levi-families was Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die pa van Amram,

59. en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar,

61. maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here ’n offer gebring het.

62. Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat ’n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.

63. Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo.

64. Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie.

65. Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.