hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 17 Bybel vir Almal (ABA)

Aäron se kierie

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Praat met die Israeliete en vra vir elke familie ’n kierie, jy moet een kierie van elke familiehoof kry, daar moet twaalf kieries wees. Jy moet elkeen se naam op sy kierie skryf

3. en jy moet Aäron se naam op die Levi-familie se kierie skryf, want daar moet een kierie wees vir elke familiehoof.

4. Dan moet jy die kieries neersit in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, jy moet dit sit voor die kis waarin die tien gebooie is en waar Ek aan julle verskyn,

5. Ek sal ’n man kies om priester te wees, en sy kierie sal takkies en blare kry. So sal Ek die Israeliete laat ophou om altyd vir julle te beskuldig.”

6. Moses het toe met die Israeliete gepraat, en elke leier het vir hom ’n kierie gegee. Daar was twaalf kieries, een kierie vir elke leier, en Aäron se kierie was ook daarby.

7. Moses het die kieries voor die Here neergesit in die tent waarin die tien gebooie is.

8. Toe Moses die volgende dag in die tent kom, was daar takkies en blare aan Aäron se kierie. Daar het blomme uitgekom, en die kierie het ryp amandels gedra.

9. Moses bring toe die kieries uit die tent na die Israeliete toe. Hulle het na die kieries gekyk, en elke leier het sy eie kierie geneem.

10. En die Here het vir Moses gesê: “Jy moet Aäron se kierie terugsit voor die kis waarin die tien gebooie is. Dit moet daar bly om ’n teken te wees vir opstandige mense. Hulle moet weet dat as hulle nie ophou om vir julle te beskuldig nie, dan sal hulle sterf.”

11. Moses het gedoen wat die Here vir hom gesê het.

12. En toe sê die Israeliete vir Moses: “Ons sal sterf! Ons sal almal sterf! Nie een van ons sal oorbly nie.

13. Elke persoon wat naby die tempel-tent van die Here kom, sal sterf. Hoekom moet ons almal sterf?”