hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6 Bybel vir Almal (ABA)

Nasireërs

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet met die Israeliete praat en jy moet vir hulle sê: Wanneer ’n man of ’n vrou ’n gelofte maak om ’n nasireër te wees en om homself aan die Here te wy,

3. dan mag hy nie wyn of sterk drank drink nie. Hy mag nie wyn of asyn of sterk drank drink nie. Hy mag ook nie druiwesap drink nie en hy mag nie druiwe eet nie, nie vars druiwe of rosyne nie.

4. In die tyd terwyl hy ’n nasireër is, mag hy niks eet wat van ’n wingerdstok kom nie, ook nie die pitte of die skille nie.

5. Terwyl hy ’n nasireër is soos hy belowe het, mag hy nie sy hare skeer nie. Hy moet gewyd bly. Hy het homself ’n tyd lank aan die Here gewy, en hy moet gewyd bly totdat daardie tyd verby is. Sy hare moet lank word.

6. Terwyl hy aan die Here gewy is, mag hy nie naby ’n lyk kom nie.

7. Ook wanneer dit sy pa of sy ma of ’n broer of ’n suster is wat sterf, mag hy homself nie onrein laat word nie, want sy lang hare wys dat hy aan die Here gewy is.

8. Terwyl hy ’n nasireër is, is hy aan die Here gewy.

9. “Maar wanneer iemand by hom skielik sterf en die nasireër word onrein, dan moet hy sy hare afskeer op die dag wanneer hy weer rein is, dit is op die sewende dag, dan moet hy sy hare afskeer.

10. Op die agste dag moet hy twee tortelduiwe of twee makduiwe na die priester toe bring by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

11. Die priester moet een duif offer om ’n sonde-offer te wees en die ander duif moet hy offer om ’n brand-offer te wees. Die priester moet versoening doen vir die persoon, want hy was naby ’n lyk en hy moet daardie dag weer gewy word.

12. Hy moet homself weer aan die Here wy vir daardie hele tyd en hy moet ’n jaaroud ram-lam bring om ’n skuld-offer te wees. Die tyd wat verby is, beteken niks, omdat hy onrein geword het.

13. “Die nasireër het homself ’n tyd lank aan die Here gewy, en hy moet gewyd bly totdat daardie tyd verby is. Hierdie is die wet vir die nasireër: Iemand bring hom na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,

14. en hy bring sy offer vir die Here saam. Die offer is: ’n gesonde jaaroud ram-lam om ’n brand-offer te wees, ’n gesonde jaaroud ooi-lam om ’n sonde-offer te wees, ’n gesonde skaap-ram om ’n ete-offer te wees,

15. en ook ’n mandjie ongesuurde brood wat hulle gemaak het van die beste meel, rondebrood en roosterkoek. Hy moet die rondebrood se deeg meng met olyf-olie en hy moet olyf-olie smeer aan die roosterkoek. Hy bring ook die koring-offers en die drank-offers wat saam met die ander offers moet wees.

16. Die priester bring dan die nasireër voor die Here, en die priester offer dan die sonde-offer en die brand-offer.

17. Hy offer die ram om ’n ete-offer te wees en hy offer die koring-offers en die drank-offers wat saam met die ander offers moet wees.

18. Die nasireër skeer dan sy lang hare af by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hy neem die lang hare en sit dit op die vuur waar hulle die ete-offer gaarmaak.

19. Wanneer die ete-offer gaar is, dan neem die priester die skouerblad van die ram en ’n rondebrood uit die mandjie, en ’n roosterkoek, en hy sit dit op die hande van die nasireër nadat hy sy hare afgeskeer het.

20. Die priester beweeg die skouerblad en die brood heen en weer voor die Here. Dit is ’n beweeg-offer en dit is gewy en dit behoort aan die priester, saam met die bors en die boud van die ram. Die bors is ’n beweeg-offer en die boud is ’n present. Daarna mag die nasireër wyn drink.

21. Dit is wat die nasireër moet doen, hy het ’n gelofte gemaak en dit is die offer wat hy moet bring omdat hy gewyd is. Hy mag ook nog ander offers bring as hy iets het om vir die Here te gee. Hy moet doen wat hy belowe het en wat die wet sê.”

Die priesters moet die Israeliete seën

22. Die Here het vir Moses gesê:

23. “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê hoe hulle die Israeliete moet seën. Hulle moet sê:

24. “Die Here seën jouen Hy beskerm jou,

25. Die Here is naby jouen Hy is genadig vir jou,

26. Die Here doen wat jy vraen Hy laat dit goed gaanmet jou.

27. “Wanneer die priesters dit doen, dan sal Ek by die Israeliete wees en hulle seën.”