hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 24 Bybel vir Almal (ABA)

Die goeie vye en die slegte vye

1. Die Here het vir my iets gewys. Daar was twee mandjies vye voor die tempel. Mense het die vye na die tempel gebring. Dit was nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda saam met die amptenare en die ambagsmanne weggevat het uit Jerusalem na Babel. Koning Jojagin was die seun van Jojakim.

2. Die een mandjie se vye was baie goed, so goed soos vroeë vye. Maar die ander mandjie se vye was baie sleg. Dit was so sleg dat ’n mens dit nie kon eet nie.

3. Die Here het vir my gevra: “Jeremia, wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien vye. Die goeie vye is baie goed en die slegte vye is baie sleg, so sleg dat ’n mens dit nie kan eet nie.”

4. Toe hoor ek die Here sê vir my:

5. “Dit sê die Here, die God van Israel: Die mense van Juda sal vir My wees soos hierdie goeie vye. Ek het hulle van hierdie plek weggestuur toe die vyande hulle gevang en weggevat het na Galdeër-land.

6. Ek sal hulle oppas en hulle sal aan My behoort. Ek sal hulle terugbring na hierdie land. Ek sal hulle bou, Ek sal hulle nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, Ek sal hulle nie uittrek nie.

7. Ek sal hulle harte verander sodat hulle My kan ken, want Ek is die Here. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkom met hulle hele hart.

8. Maar soos die slegte vye wat ’n mens nie kan eet nie, so sal koning Sedekia van Juda vir My wees, hy en sy amptenare en die mense wat nog lewe hier in Jerusalem en in hierdie land, hulle en die mense wat in Egipte woon.

9. Dit sal sleg gaan met Sedekia en sy mense in al die lande waarnatoe Ek hulle sal wegjaag. Die ander mense sal met hulle maak wat hulle wil, die mense sal hulle name gebruik om ander mense sleg te sê en hulle te vervloek.

10. Maar voordat Sedekia en sy mense hier weggaan, sal Ek oorlog en honger en siektes stuur totdat daar nie meer mense is in die land wat Ek vir hulle en hulle voorvaders gegee het nie.”