hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê: “In daardie tyd sal mense die bene van die konings van Juda uit hulle grafte uithaal, en ook die bene van die koning se amptenare, en die bene van die priesters en die profete en die mense wat in Jerusalem woon.

2. Die mense sal die bene oral gooi, oral waar die son en die maan en al die sterre skyn. Die son en die maan en die sterre was hulle gode. Hulle was lief vir daardie gode en hulle het die gode gedien. Hulle het vir die gode gevra om hulle te help en hulle het voor die gode gebuig. Niemand sal die bene bymekaarmaak en begrawe nie, die bene sal soos mis op die grond wees.

3. Party van hierdie slegte mense wat Ek na ander plekke gejaag het, lewe nog, maar hulle sal wens hulle is ook dood.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

My volk wil nie terugkom na My toe nie

4. Die Here het gesê: “Jeremia, jy moet vir die mense van Jerusalem sê: Die Here sê: Wanneer mense geval het, dan staan hulle weer op, wanneer hulle van ’n pad afgeloop het, dan draai hulle om en kom weer terug.

5. Hoekom hou hierdie mense van Jerusalem aan om van die regte pad af te loop? Hulle hou aan om afgode te dien wat niks beteken nie, hulle wil nie terugkom na My toe nie.

6. Ek het goed geluister na wat hierdie mense sê. Hulle sê nie wat hulle moet sê nie. Niemand is jammer oor die verkeerde dinge wat hy doen nie. Niemand sê: ‘Wat het ek gedoen?’ nie. Elkeen loop op sy eie verkeerde pad, soos ’n perd wat reguit vorentoe hardloop na ’n oorlog toe.

7. Die ooievaars, die duiwe, die swaeltjies en die kraanvoëls weet wanneer om terug te kom en wanneer om te gaan, maar my volk weet nie wat Ek wil hê hulle moet doen nie.

8. Hulle sê hulle het wysheid en hulle weet wat Ek wil hê, maar die mense wat moet skryf wat Ek wil hê, het leuens geskryf.

9. Die mense wat dink hulle het wysheid, bly nou stil, hulle weet nie wat hulle moet sê nie. Dit is omdat hulle nie geluister het na wat Ek sê nie, en daarom het hulle ook nie wysheid nie.”

My volk het nie skaam geword nie

10. “Omdat dit so is, sal Ek hulle vroue vir ander mense gee en sal Ek ander mense bring om hulle grond te vat, want almal, klein en groot, wil ryk word van ander mense se goed, en die profete en priesters bedrieg my volk.

11. Hulle dink alles sal maklik regkom as hulle sê: ‘Daar sal vrede wees, daar sal vrede wees,’ maar daar is nie vrede nie.

12. Hulle het slegte dinge gedoen wat Ek haat, maar hulle het nie skaam geword nie, hulle is nie jammer nie. Daarom sal hulle ook sterf in die oorlog, Ek sal hulle straf, en hulle sal sterf.”Dit het die Here gesê.

13. “Hulle het nie gedoen wat hulle moet doen nie. Hulle was soos wingerdstokke en vyebome wat nie druiwe en vye gehad het toe Ek dit wou pluk nie, en die blare het verlep. Daarom sal Ek hulle vir ander mense gee om weg te vat.”Dit het die Here gesê.

Die vyande kom

14. “Die mense van Juda sal vir mekaar sê: ‘Hoekom sit ons? Kom ons gaan na die stede wat sterk mure het, kom ons gaan sterf daar, want ons God die Here wil ons laat sterf. Hy wil hê ons moet water drink wat giftig is, want ons het sonde gedoen teen Hom.’

15. Hulle sal wag vir vrede, maar daar sal niks gebeur wat goed is nie, hulle sal wag dat dit weer goed moet gaan, maar hulle sal nog banger word.

16. Die vyande kom al klaar by die stad Dan verby. Hulle perde snork en runnik, en almal in die land bewe. Hulle sal kom en alles verwoes, die land en die plante, die stede en die mense wat daar woon.

17. “Ja, Ek stuur nou die vyande tussen julle in. Hulle sal julle byt soos slange, en niemand sal hulle kan stop nie.”

Ek huil en treur omdat hulle gaan sterf

18. Ek, Jeremia, word bekommerd en siek,

19. want ek hoor my mense kla in ’n ver land.Hulle vra: “Is die Here nie meer in Sion nie?Woon die Koning nie meer daar nie?”Maar die Here vra: “Hoekom maak hulle My kwaadmet hulle beelde,met ander volke se gode wat niks beteken nie?”

20. Hulle sal in daardie ver land sê:“Die somer en die tyd om koring af te sny, is verby,maar die Here het ons nog nie gered nie.”

21. Die vyande sal my mense baie swaar laat kry,en daarom kry ek nou ook swaar.Ek huil en treur omdat hulle gaan sterf,ek word baie bang.

22. Daar is balsem in die land Gilead,en daar is dokters,maar my mense het nie gesond geword nie.