hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 25 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense van Juda sal vir die koning van Babel moet werk, 70 jaar lank

1. Jeremia het gehoor die Here praat met hom oor al die mense van Juda. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het. Dit was ook die eerste jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het.

2. Die Here het met Jeremia gepraat oor al die mense van Juda en oor almal wat in Jerusalem gewoon het.

3. Jeremia het gesê: “Ek het 23 jaar lank gehoor wat die Here vir my gesê het. Dit het begin in die dertiende jaar nadat Josia seun van Amon koning van Juda geword het. Ek het aangehou om met julle te praat, maar julle het nie geluister nie.

4. En die Here het al sy dienaars, die profete, na julle toe gestuur. Hy het aangehou om dit te doen, maar julle het nie geluister nie, julle was ongehoorsaam.

5. Die Here het gesê: ‘Julle moet asseblief terugkom na My toe. Julle moet ophou om sleg te lewe en verkeerde dinge te doen. Dan sal julle altyd woon in die land wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het.

6. Julle moenie ander gode dien en aanbid nie. Julle moenie vir My kwaad maak met beelde wat julle self gemaak het nie. As julle gehoorsaam is, dan sal Ek julle nie laat swaarkry nie.

7. Maar julle het nie geluister nie. Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle self gemaak het, en daarom kry julle swaar.’

8. “Die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Omdat julle dit gedoen het, omdat julle nie gehoorsaam was aan My nie,

9. daarom stuur Ek nou ’n boodskap na al die volke in die noorde, en na my dienaar Nebukadnesar, koning van Babel. Ek sal daardie mense bring teen hierdie land en teen almal wat hier woon en ook teen die volke rondom hierdie land. Hulle sal julle aanval en so sal Ek hierdie mense doodmaak. Ek sal julle land verwoes, mense sal skrik as hulle die land sien en hulle sal loop en fluit. Die stede sal hope klippe word wat altyd hier sal lê.

10. Niemand sal hier feesvier nie en niemand sal trou nie, niemand sal in die oggend koring maal en niemand sal in die aand ’n lamp opsteek nie.

11. Die hele land sal vol hope klippe lê en niemand sal hier woon nie. Die mense wat hier was, sal vir die koning van Babel moet werk, 70 jaar lank.

12. Maar wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Ek die koning van Babel en sy mense in Galdeër-land straf oor wat hulle gedoen het. Dan sal daar nie meer mense in daardie land woon nie.

13. Ek sal met daardie land alles doen wat Ek gesê het, alles wat Jeremia oor al daardie volke gesê het en wat in hierdie boek geskryf is.

14. Ook die Galdeërs sal vir baie volke en vir groot konings moet werk. Ek sal hulle straf oor wat hulle gedoen het.’ ”

Die beker met die giftige wyn

15. Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn.

16. Hulle sal drink en hulle bene sal bewe. Hulle sal soos mal mense word, omdat Ek mense stuur om oorlog te maak teen hulle.”

17. Ek het die beker geneem wat die Here vir my gegee het. Ek het na al daardie volke toe gegaan en ek het die mense laat drink.

18. Ek het eerste na Jerusalem en die stede van Juda gegaan, en ek het hulle konings en amptenare laat drink. Die stede het hope klippe geword, en daar het toe niemand gewoon nie. Mense het daar geloop en fluit. Die Here het die land vervloek, daarom lyk die land vandag so sleg.

19. Toe het die farao, die koning van Egipte, gedrink, en sy amptenare en sy hele volk en al die mense wat naby Egipte woon en wat vir die farao moet werk.

20. En daarna het ek al hierdie mense laat drink: die konings van die land Us, en al die konings van Filistyne-land en die mense van die stede Askelon, Gasa en Ekron, en die mense in Asdod wat nog lewe,

21. en die mense van Edom en Moab, en die Ammoniete,

22. en al die konings van Tirus en Sidon, en die konings van die land anderkant die see,

23. en die stede Dedan en Tema en Bus, en almal wat die kante van hulle koppe kaal skeer,

24. en al die konings van Arabië, en al die konings van die mense wat in die woestyn woon,

25. en al die konings van Simri, en al die konings van Elam en al die konings van die Mediërs,

26. en al die konings in die noorde, ver van mekaar of naby mekaar. Al die konings van die aarde wat op die aarde woon, moes uit die beker drink. En ná hulle moes die koning van Babel drink.

27. Die Here het gesê ek moet vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet drink en dronk word en opbring en val en nie weer opstaan nie, want Ek stuur mense om oorlog te maak teen julle.

28. En as hulle nie van jou die beker wil neem en wil drink nie, dan moet jy vir hulle sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle sal móét drink.

29. Ek begin eerste by die stad wat aan My behoort en Ek laat hulle swaarkry, maar julle moenie dink Ek sal nie vir júlle straf nie. Nee, Ek sal júlle ook straf, want Ek bring mense om oorlog te maak teen almal wat op die aarde woon.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

30. Die Here sê ook: “En jy, Jeremia, jy moet hierdie boodskap vir hulle bring, jy moet al hierdie woorde vir hulle sê:“Die Here sal hard skree,soos ’n leeu wat brul,Hy sal praat uit die hemel,uit sy gewyde woonplek.Hy sal skree soos die mensewat druiwe trapen Hy sal praat met almalwat op die aarde woon.

31. Al die mense op die aarde sal dit hoor,want die Here is die Regter oor die volke,Hy sal almal oordeel, almal wat lewe,En Hy sal die mense wat skuldig is,in oorlog laat sterf.”Dit sê die Here.

32. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Julle moet kyk, dit sal sleg gaanmet al die volke,met die een volk ná die ander volk.Daar kom ’n groot stormwindvan die verste plekke op die aarde.”

33. Die Here sal daardie dagbaie mense laat sterf.Hulle liggame sal oral in die hele wêreld lê.Niemand sal oor hulle rou nie,en niemand sal hulle bymekaarmaaken hulle begrawe nie.Hulle sal soos hope mis op die grond lê.

34. Herders, julle moet huil en vradat iemand julle moet help.Julle wat oor mense regeer,julle moet in die as rol,want die tyd het nou gekom,die vyande sal julle slag.Vyande sal julle na al die kante toe jaag,en julle sal stukkend breek soos ’n kleipot.

35. Die herders sal nie ’n plek hêwaarnatoe hulle kan vlug nie,die leiers sal nie kan weghardloop nie.

36. Luister hoe skree die herders,hulle vra iemand moet hulle help.Luister hoe huil die leiers,want die Here verwoes hulle lande.

37. Die Here is kwaad, Hy verwoes die landewaar hulle in vrede gewoon het.

38. Die Here is soos ’n leeu wat uit sy lêplek kom.Die Here het kwaad geword en vyande gestuurom die lande te oorwin en die mense weg te vat.