hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 7 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sê Hy sal die tempel laat verwoes

1. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

2. “Jy moet in die poort gaan staan tussen die paleis en die tempel en jy moet hard praat en sê: Al die mense van Juda wat deur hierdie poorte kom om die Here te aanbid, julle moet hoor wat sê die Here.

3. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet reg lewe en reg doen, dan sal Ek by julle in hierdie plek woon.

4. Julle moenie dink dit sal goed gaan wanneer mense sê: ‘Hierdie is die tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here!’ nie.

5. Maar julle moet waarlik reg lewe en reg doen, julle moet waarlik regverdig wees wanneer julle oordeel,

6. julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie onskuldige mense laat doodmaak nie, en julle moenie ander gode dien nie, want dan sal dit sleg gaan met julle.

7. As julle reg lewe en reg doen, dan sal Ek by julle woon in hierdie plek wat Ek vir altyd vir julle voorvaders gegee het.

8. Julle dink dit sal goed gaan wanneer mense vir julle dinge sê wat nie waar is nie en wat julle niks sal help nie.

9. Julle steel en vermoor mense en pleeg egbreuk, julle belowe dinge wat julle nie wil doen nie, en julle vertel leuens, julle bring wierook-offers vir Baäl en julle dien ander gode wat julle nie geken het nie.

10. Julle kan nie al hierdie baie verkeerde dinge doen en dan voor My kom staan in hierdie tempel wat my Naam het, en sê: ‘U sal ons red’ nie.

11. Dink julle hierdie tempel wat my Naam het, is ’n plek waar diewe veilig is? Julle moet weet, Ek sien wat hier gebeur.

12. Want gaan na die stad Silo, na die plek wat my Naam gehad het en waar Ek voorheen gewoon het. Gaan kyk wat Ek met daardie plek gedoen het omdat my volk Israel sonde gedoen het.

13. En nou, julle het al hierdie dinge gedoen. Ek het aangehou om met julle te praat, maar julle het nie geluister nie, Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie.

14. Daarom sal Ek met die plek wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het, hierdie tempel wat my Naam het, doen soos Ek met Silo gedoen het. Julle dink hierdie tempel sal dit goed laat gaan met julle.

15. Maar Ek sal julle weggooi soos Ek julle familie, die hele nageslag van Efraim, weggegooi het.

16. “En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My soebat dat Ek weer goed moet wees vir hulle nie, want Ek sal nie na jou luister nie.

17. Jy sien self wat doen hulle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem.

18. Die seuns kap hout en die pa’s maak vuur en die vroue knie deeg en bak koeke vir die koningin van die hemel. Hulle bring drank-offers vir ander gode om My ongelukkig te maak.

19. Maar dit is nie vir My wat hulle ongelukkig maak nie, hulle maak hulleself ongelukkig, dit is húlle wat sal swaarkry.”Dit sê die Here.

20. Daarom sê die Here: “Ek is kwaad en Ek sal almal en alles in hierdie plek straf: mense en diere, bome en plante. Dit sal wees soos ’n vuur wat aanhou brand.”

21. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Dit sal beter wees as julle die vleis van julle brand-offers self eet saam met die vleis van julle ander offers.

22. Toe Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het, het Ek nie gesê brand-offers en ander offers is die belangrikste nie.

23. Die belangrikste wat Ek vir hulle gesê het, is: Julle moet gehoorsaam wees aan My, dan sal Ek julle God wees en julle sal my volk wees. Julle moet altyd lewe soos Ek wil hê, dan sal dit goed gaan met julle.

24. “Maar julle voorvaders was nie gehoorsaam nie, hulle het nie geluister nie. Hulle het gelewe soos hulle self gedink het, hulle was hardkoppig en hulle het gelewe soos hulle slegte harte vir hulle gesê het. Hulle wou nie naby My wees nie.

25. Dit het julle gedoen vandat julle voorvaders uit die land Egipte gekom het, tot vandag toe. Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na julle toe te stuur,

26. maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie, julle was hardkoppig en julle was slegter as julle voorvaders.

27. “Jeremia, jy sal dit alles vir die volk sê, maar hulle sal nie na jou luister nie. Jy sal hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28. Dan sal jy van hulle sê: ‘Hulle is die volk wat nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie en wat nie gedoen het wat Hy vir hulle gesê het nie. Daar is niks wat reg is by hulle nie.

29. Jerusalem, jy dink jy is ’n nasireër, maar jy moet jou lang hare afknip en ’n klaaglied sing op die heuwels waar daar nie plante groei nie. Jy moet huil en treur oor jou mense wat dood is, want die Here het sy volk gelos omdat Hy kwaad is vir hulle. Vyande het hulle weggevat.’ ”

30. Die Here sê: “Ek het dit gedoen omdat die mense van Juda dinge gedoen het waarvan Ek nie hou nie. Hulle het afgodsbeelde neergesit in die tempel wat my Naam het en hulle het my tempel ontwy.

31. En hulle het ’n offer-plek gebou in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het en hulle seuns en dogters verbrand het. Ek het nie gesê hulle moet dit doen nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie.”

32. Die Here sê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer die mense nie meer sal praat van die plek in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het nie, hulle sal die plek noem ‘Moord-vallei.’ En hulle sal die mense wat sterf, daar begrawe, omdat daar nie ander plek vir grafte sal wees nie.

33. Die voëls en die wilde diere sal die lyke van hierdie volk vreet, en niemand sal die voëls en die diere wegjaag nie.

34. In die stede van Juda en in die strate van Jerusalem sal niemand feesvier en vrolik wees nie, en niemand sal daar trou nie, want die land sal verwoes wees.”