hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sê: My volk het My gelos en hulle het afgode aanbid

1. Die Here het met my gepraat en vir my gesê:

2. “Gaan praat met die mense van Jerusalem. Hulle moet goed hoor wat jy sê. Jy moet vir hulle sê Ek sê:“Jerusalem, jy was vir My soos ’n bruid.So onthou Ek jou.Jy was lief vir My toe jy jonk was,toe jy my bruid was.Jy het saam met My geloop in die woestyn,die plek waar mense nie koring saai nie.

3. Israel is net Myne,hulle is soos die eerste koring-are,en Ek sal almal swaar strafwat van hierdie koring-are eet.”Dit het die Here gesê.

4. Nageslag van Jakob,al die families van Israel,julle moet luister na wat die Here sê.

5. Die Here vra:“Wat het Ek verkeerd gedoenteen julle voorvaders?Hoekom het hulle weggegaan van My?Hoekom het hulle saam met afgode geloop,afgode wat niks beteken nie?So het julle voorvaders self niks geword.

6. “Hulle het nie gevra:“ ‘Waar is die Here wat vir onsuit Egipte gebring het,die Here wat ons deur die woestyngebring het?’ nie.Dit is ’n droë plekwaar dit baie gevaarlik is,’n plek waar daar nie water is nieen waar dit donker is,’n plek waar niemand kom nieen waar niemand woon nie.

7. Ek het julle gebring in ’n landvol vrugtebomewaar julle lekker kon eet van alles,maar toe het julle my land onrein gemaak.Julle het die land wat aan My behoort,vuil gemaak met julle sonde.

8. Die priesters moes vir die mense sêwat Ek wil hê,maar hulle het nie gevra waar Ek is nie,hulle het My nie geken nie.Die mense wat oor my volk moes regeer,was téén My.Die profete het boodskappe van Baäl gebring,en hulle het afgode gedienwat niks beteken nie.

9. Daarom beskuldig Ek julle weer,julle en julle nageslag.

10. Ek sê vir julle: Gaan kyktot in die verste lande,in die Kittiër-eilande en in Kedar,gaan vra of so iets al daar gebeur het.

11. Het ’n volk sy gode gelosen ander gode gekies,goed wat nie regtig gode is nie?Nee.Maar my volk het My, die ware God,gelos en afgode gekies wat niks beteken nie.

12. Hieroor moet almal in die hemelso groot skrik dat hulle hare regop staan,hulle moet bang wees en bewe.

13. Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen.Ek wou vir hulle die water gee wat hulle sal laat lewe,maar hulle het My nie meer gedien nieen hulle het vir hulleself watergate uitgekap,gate wat nie water kon hou nie.

14. Is die mense van Israel slawe?Is hulle slawe se kinders?Hoekom het mense hulle weggevatuit hulle stad?

15. Die vyande van die Israeliete wassoos leeus wat brul.Hulle het die mense weggevat uit die land,hulle het die stede verwoes, daar het niemand oorgebly nie.

16. Mense van Juda, die soldateuit die stede Nof en Tagpanges in Egiptesal ook alles wegvat uit julle land.

17. Dit sal gebeur, want julle het verkeerd gedoen.Julle God die Here het julle gelei op julle pad,maar julle het Hom gelos.

18. Julle wil nou in Egipte gaan water drinkuit die Sigor-rivierof in Assirië uit die Eufraat-rivier,julle wil vra dat daardie mense julle moet help,maar hulle sal julle nie help nie.

19. Julle het verkeerd gedoen,julle was opstandig teen My,daarom sal Ek julle straf.Julle sal weet en sien hoe sleg en bitter dit isnadat julle My, julle God die Here, gelos heten My nie meer respekteer en dien nie.”Dit het die Here gesê, die Here wat oor alles regeer.

20. Hy sê:“Ja, julle was nog altyd soos beestewat hulle jukke breeken hulle stroppe stukkend ruk en sê:‘Ons wil nie vir ons eienaar werk nie.’Julle het afgode gedien op elke hoë heuwelen onder elke groen boom.

21. Ek het julle self geplant,julle was goeie wingerdstokke.Maar kyk nou hoe het julle verander!Julle het wilde wingerdstokke gewordwat slegte druiwe dra.

22. Julle kan julle was met die sterkste seep,met baie seep,maar Ek sal nog altyd sien dat julle sondejulle vuil gemaak het.”Dit sê die Here, Hy wat Here is.

23. “Julle sê julle het julleself nie onrein gemaak nie,julle sê julle het nie met die Baälssaamgegaan nie.Maar kyk wat het julle gedoenin die Hinnom-vallei.Julle het gemaak soos ’n jong kameel-koeiwat by ’n bul wil kom.Sy loop heen en weer,

24. sy hardloop in die woestyn inen ruik waar ’n bul is,niemand kan haar keer nie.’n Bul wat haar soek, kry haar maklikwanneer dit vir haar die regte tyd isom by ’n bul te kom.

25. Julle loop ver om die afgode te soek,julle loop totdat julle skoene stukkend is.Julle word dors op die pad na hulle toe,maar julle sê: ‘Dit maak nie saak nie,ons is lief vir die gode van ander volkeen ons sal saam met hulle gaan.’

26. Wanneer ’n dief gevang word,dan weet hy nie wat om te doen nie.So sal dit ook gaan met die volk Israelen met hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.

27. Hulle is mense wat vir ’n stuk houtof vir ’n klip sê:‘Jy is my pa, ek is jou kind.’Ja, hulle het hulle rug na My toe gedraai,nie hulle gesig nie.Maar wanneer dit sleg gaan met hulle,dan sê hulle: ‘Kom red ons!’

28. Maar waar is julle gode wat jullevir julle gemaak het?Hulle moet kom en julle redwanneer dit sleg gaan met julle,as hulle dit kan doen.Want, Juda, julle het net so baiegode gehad soos stede.

29. Hoekom sê julle dit is my skulddat dit sleg gaan met julle?Dit is julle almal watopstandig was teen My.”Dit het die Here gesê.

30. Hy sê:“Ek het julle kinders gestraf,maar hulle het nie geluister nie.Julle het julle profete doodgemaaksoos leeus diere doodmaak.”

31. Julle wat nou lewe,julle moet hoor wat sê die Here:“Was Ek vir die Israeliete soos’n woestyn of soos ’n donker land?Hoekom sê my volk:‘Ons het weggegaan van U,ons wil nie terugkom na U toe nie?’

32. ’n Jongmeisie vergeet nie haar juwele nie,’n bruid vergeet nie haar trouklere nie.Maar my volk het My gou vergeet.

33. Julle weet baie goedhoe om ontrou te wees,ook slegte vroue kan by julle leer.

34. Julle het mense laat doodmaakwat nie verkeerd gedoen het nie.Hulle was arm mensewat nie gesteel het nie.Julle het dit alles gedoen,

35. maar julle sê:‘Ons het nie verkeerd gedoen nie,die Here is nie meer kwaad vir ons nie.’Ek wil julle nou straf omdat julle gesê hetjulle het nie sonde gedoen nie.

36. Julle vra vir die een volk om julle te help,en dan vir die ander volk,maar die Assiriërs het julle nie gehelp nieen die Egiptenaars sal julle ook nie help nie.

37. Julle het mense na Egipte gestuur,maar hulle sal moedeloos terugkom uit Egipte,want vir die Here is daardie volkenie belangrik nie, hulle sal nie helpdat dit met julle goed gaan nie.”