hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22 Bybel vir Almal (ABA)

Die vyande sal die paleis van die koning verwoes

1. Die Here het gesê: “Jeremia, jy moet gaan na die paleis van die koning van Juda en jy moet sê wat Ek vir jou sê.

2. Jy moet sê: Jy, koning van Juda wat op die troon van Dawid sit, jy moet luister na wat die Here sê, jy en jou amptenare en jou mense wat hier in die poorte kom om te oordeel.

3. Die Here sê: Julle moet reg doen en julle moet die mense straf wat verkeerd doen. Julle moet die mense help wanneer ander mense hulle goed gevat het, julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie in hierdie plek mense laat doodmaak wat onskuldig is nie.

4. As julle regtig reg doen, dan sal daar konings kom wat op die troon van Dawid regeer. Die konings en hulle amptenare en hulle mense sal deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry.

5. Maar as julle nie luister nie, dan sal Ek hierdie paleis afbreek, dit belowe Ek.”

6. Ja, die Here sê oor die paleisvan die koning van Juda:“Jy was vir My soos die land Gilead,soos die bome op die Libanon-berg,maar Ek sal jou laat wordsoos ’n woestyn waar niemand woon nie.

7. Ek sal mense stuur om jou te verwoes,hulle sal kom met hulle byleen hulle sal jou mooi sederhout plankestukkend kap en in die vuur gooi.

8. “Baie mense sal by hierdie stad verbykom en hulle sal vir mekaar vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie groot stad?’

9. En hulle sal sê: ‘Die Here het dit gedoen omdat die mense van hierdie stad die verbond met hulle God die Here gebreek het. Hulle het weggegaan van die Here, hulle het voor ander gode gebuig en hulle gedien.’ ”

Sallum sal nie terugkom nie

10. Julle moenie huil oor die koning wat dood is nie,julle moenie oor hom rou nie.Julle moet huil oor die koning wat moes weggaan,want hy sal nie terugkom nie,hy sal die land nie weer sien nie,die land waar hy gebore is.

11. Want die Here sê oor Sallum, seun van koning Josia van Juda: “Sallum het weggegaan van hier en hy sal nie hiernatoe terugkom nie.

12. Want die vyande het hom weggevat na ’n ander land, en in daardie land sal hy sterf. Hy sal hierdie land nie weer sien nie.”

Dit sal sleg gaan met Jojakim

13. Die Here sê:“Dit sal sleg gaan met die koning wat vir hom ’n paleis bou,’n paleis met bo-kamers.Hy laat mense dit bou maar hy betaal hulle nie,hy laat hulle werk, maar hy gee hulle niks.

14. Hy sê hy wil ’n groot paleis bou met bo-kamers,die wind moet daardeur waai.Hy sit vensters in,hy maak die mure toe met sederhouten hy verf dit rooi.

15. Jojakim, dink jy dat jy ’n koning isomdat jy hou van baie sederhout?Jou pa het elke dag geëet en gedrink,en hy het ook elke dag reg gedoen aan mense,en dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het reg gedoen aan arm mense,mense wat hulleself nie kon help nie.Toe het dit goed gegaan.Dit wys dat hy geweet het wie Ek is.”Dit sê die Here.

17. “Maar jy, Jojakim, jy wil alles hê wat jy sien,jy laat onskuldige mense sterf,jy vat alles wat jy wil hê en jy verdruk die mense.”

18. Die Here sê oor Jojakim seun van koning Josia van Juda:“Daarom sal Jojakim se familie nie oor hom rou nieen die mense oor wie hy regeer, sal nie oor hom rou nie.

19. Wanneer hulle hom begrawe, dan sal dit weessoos wanneer mense ’n donkie uit die stad sleepen buite weggooi.”

Dit sal sleg gaan met koning Jojakim se ma

20. Die Here sê vir koning Jojakim:“Jy moet opklim teen die Libanon-bergen jy moet huil,jy moet hard skree in die land Basan,jy moet gaan staan op die Abarim-bergeen vra iemand moet jou help,want daar het niemand oorgebly nie,almal vir wie jy lief was, is dood.

21. Ek het met jou gepraat toe ditgoed gegaan het met jou,maar jy het gesê jy sal nie luister nie.Jy was nie gehoorsaam aan My nie,vandat jy jonk was.

22. Nou sal die wind jou vriendena al die kante toe waai,en die mense wat lief was vir jou,sal gevangenes word.Ja, vyande sal jou verneder,jy sal nie weet wat om te doen nie,want jy het slegte dinge gedoen.

23. Jy woon nou in ’n paleis van sederhoutwat uit die Libanon-berg kom,maar jy sal baie seer kry en huil,jy sal skree soos ’n vrou wat ’n baba kry.”

Koning Jojakim en sy nageslag sal nie weer regeer nie

24. Die Here sê: “So seker soos Ek lewe, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, jy was vir My belangrik, jy was soos ’n seëlring aan my regter-hand, maar Ek sal jou afruk van my vinger.

25. Ek gee jou vir koning Nebukadnesar van Babel en vir die Galdeërs. Hulle is die mense wat jou wil doodmaak, jy is bang vir hulle.

26. Ek sal jou en jou ma weggooi in ’n ander land, ’n land wat nie julle eie land is nie. Julle sal daar sterf.

27. Julle sal verlang na julle land, maar julle sal nie terugkom hiernatoe nie.”

28. Is Jojagin soos ’n kleipot wat niemand wil hê nie? Hoekom het die Here vir Jojagin weggegooi in ’n land wat hy nie ken nie, vir Jojagin en sy nageslag?

29. Julle almal in die land, julle moet luister na wat die Here sê.

30. Die Here sê: “Julle moet skryf: Hierdie man is soos iemand wat nie kinders het nie. Dit sal nie goed gaan met hom terwyl hy lewe nie, want nie een van sy seuns sal op die troon van Dawid kan sit en oor Juda regeer nie.”