hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19 Bybel vir Almal (ABA)

Ek sal hierdie volk en hierdie stad breek

1. Die Here het gesê: “Jy moet ’n kleipot gaan koop wat ’n pottebakker gemaak het en in ’n oond gebak het. Jy moet ’n paar leiers van die volk en leiers van die priesters saamneem

2. en julle moet na die Ben-Hinnom-vallei gaan wat naby die Potskerf-poort is. Daar moet jy hard praat en sê wat Ek vir jou sal sê.

3. Jy moet sê: ‘Konings van Juda en mense wat in Jerusalem woon, julle moet luister na wat die Here sê. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sal dit nou sleg laat gaan met die mense in hierdie plek. Elkeen wat hoor wat gebeur, sal dit nie kan glo nie.’

4. Dit sal gebeur omdat hulle weggegaan het van My. Hulle het hierdie plek ontwy en hulle het hier wierook-offers gebring vir ander gode, gode wat hulle en hulle voorvaders en die konings van Juda voorheen nie geken het nie. En hulle het hier baie onskuldige mense doodgemaak.

5. Hulle het ook die offer-plekke van Baäl gebou om hulle seuns te verbrand. Dit was brand-offers vir Baäl. Ek het nie gesê hulle moet dit doen nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie.

6. Daarom sê Ek nou: Daar sal ’n tyd kom wanneer die mense nie meer hierdie plek sal noem ‘Tofet’ of ‘Ben-Hinnom-vallei’ nie, hulle sal dit ‘Moord-vallei’ noem.

7. Die mense van Juda en Jerusalem het planne gemaak, Ek sal hulle planne hier breek soos ’n mens ’n kleipot breek. Ek sal hulle vyande bring om hulle met swaarde dood te maak, en Ek sal hulle dooie liggame hier laat lê sodat die voëls en die wilde diere dit kan vreet.

8. Mense sal bang word wanneer hulle hierdie stad sien, en hulle sal fluit. Elkeen wat deur die stad loop, sal bewe en fluit omdat die vyande die stad so verwoes het.

9. Ek sal vyande bring wat die mense van die stad wil doodmaak. Die vyande sal rondom die stad wees, en niemand sal uit die stad kan kom nie. Dan sal die mense van die stad hulle eie kinders en mekaar begin doodmaak en eet.

10. Jeremia, jy moet die kleipot breek. Die mense wat saam met jou gegaan het, moet dit sien,

11. en jy moet vir hulle sê die Here wat oor alles regeer, sê: Jeremia het die kleipot gebreek en niemand kan dit heelmaak nie. So sal Ek hierdie volk en hierdie stad ook breek. Hulle sal hier in Tofet die mense moet begrawe wat sterf, want daar sal nie meer ander plek wees om grafte te maak nie.

12. Dit is wat Ek sal doen met hierdie stad en met die mense wat hier woon. Ek sal hulle soos Tofet maak.

13. Die vyande sal die huise in Jerusalem en die paleise van die konings van Juda verwoes soos hulle Tofet verwoes het. Die huise en die paleise sal onrein word. Die mense van Jerusalem en die konings van Juda het op hulle huise se dakke wierook-offers gebring vir die son en die maan en al die sterre, en hulle het daar drank-offers uitgegooi vir ander gode.”

14. Jeremia het teruggekom van Tofet. Die Here het hom daarnatoe gestuur om ’n boodskap te bring. Jeremia het op die oop stuk grond voor die tempel gaan staan en vir al die mense gesê:

15. “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Die mense van hierdie stad en die ander stede hier naby was hardkoppig, hulle was nie gehoorsaam aan My nie. Daarom sal Ek al die slegte dinge laat gebeur wat Ek gesê het.”