hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 35 Bybel vir Almal (ABA)

Die Rekabiete

1. Dit was in die tyd toe Jojakim seun van Josia die koning van Juda was. Die Here het vir my, Jeremia, gesê:

2. “Jeremia, gaan na die Rekabiete-familie en praat met hulle. Bring hulle na een van die kamers by die tempel en gee vir hulle wyn om te drink.”

3. Ek het toe vir Jaäsanja seun van Jeremia seun van Gabassinja en al sy broers en sy seuns, die hele Rekab-familie, geneem

4. en ek het hulle gebring na die kamer van die seuns van Ganan, die man van God. Ganan was die seun van Jigdalja. Die kamer was langs die kamer van die amptenare, en die kamer van die amptenare was bo die kamer van Maäseja seun van Sallum. Maäseja was die wag by die deur van die tempel.

5. Ek het bakke wyn en bekers voor die Rekab-familie gesit en vir hulle gesê: “Drink die wyn.”

6. Maar hulle het gesê: “Ons drink nie wyn nie, want ons voorvader Jonadab seun van Rekab het vir ons gesê: ‘Julle mag nooit wyn drink nie, julle en julle kinders.

7. En julle mag nie huise bou of koring saai of wingerde plant nie. Julle moet altyd in tente woon sodat julle lank kan lewe in die land waar julle vreemdelinge is.’

8. Ons het gedoen wat ons voorvader seun van Rekab gesê het. Ons het nooit wyn gedrink nie, ons en ons vroue en ons kinders,

9. en ons het nie huise gebou om in te woon nie, en ons het nie wingerde of koringlande waar ons saai nie.

10. Ons het in tente gewoon en ons het alles gedoen wat ons voorvader Jonadab gesê het.

11. Maar toe koning Nebukadnesar van Babel na die land gekom het, het ons gesê: ‘Kom ons gaan nou na Jerusalem en gaan woon daar, weg van die soldate van die Galdeërs en die Arameërs.’ ”

12. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

13. “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jeremia, jy moet vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, gaan sê: Die Here vra: Hoekom wil julle nie leer en gehoorsaam wees aan My nie?

14. Die nageslag van Jonadab seun van Rekab drink nou nog nie wyn nie, hulle doen wat hulle voorvader gesê het. Maar julle doen nie wat Ek aangehou het om vir julle te sê nie.

15. Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na julle toe te stuur en Ek het vir julle gesê: ‘Asseblief, julle moet terugkom, elkeen moet terugkom en hy moet die slegte pad los wat hy loop. Julle moet reg lewe en julle moenie ander gode dien nie, dan mag julle aanhou woon in die land wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het. Maar julle het nie geluister na My nie, julle was nie gehoorsaam nie.

16. Die nageslag van Jonadab seun van Rekab het gedoen wat hulle voorvader vir hulle gesê het, maar hierdie volk was nie gehoorsaam aan My nie.’ ”

17. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ek het gesê baie slegte dinge sal gebeur met Juda en met almal wat in Jerusalem woon. Daarom laat Ek dit nou gebeur, want Ek het met hulle gepraat, maar hulle het nie geluister nie, Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geantwoord nie.”

18. Maar Jeremia het vir die Rekabiete-familie gesê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle het alles gedoen wat julle voorvader Jonadab vir julle gesê het, julle het gelewe soos hy gesê het.

19. Daarom sê Ek, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel: Daar sal altyd iemand van die nageslag van Jonadab, seun van Rekab, wees om My te dien.”