hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 37 Bybel vir Almal (ABA)

Koning Sedekia stuur boodskappers na Jeremia

1. Koning Sedekia seun van Jojakim het regeer ná Jojagin seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Sedekia koning gemaak oor die land Juda.

2. Sedekia en sy amptenare en die mense van die land het nie geluister na die boodskap van die Here wat Hy vir Jeremia gegee het om vir hulle te bring nie.

3. Maar koning Sedekia het vir Jukal seun van Selemja en vir die priester Sefanja seun van Maäseja gestuur om vir Jeremia te vra: “Bid asseblief vir ons tot ons God die Here.”

4. Jeremia kon in daardie tyd tussen die mense rondloop, want hy was nie toe in die tronk nie.

5. Die soldate van die farao het uit Egipte gekom terwyl die Galdeërs Jerusalem van al die kante aangeval het. Toe die Galdeërs dit hoor, het hulle weggegaan van Jerusalem.

6. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

7. “Die Here, die God van Israel, sê vir die boodskappers van die koning: Sê vir die koning van Juda wat julle gestuur het om te hoor wat Ek sê: Die soldate van die farao het gekom om julle te help, maar hulle het omgedraai en teruggegaan na hulle land Egipte.

8. Die Galdeërs sal terugkom en hulle sal oorlog maak teen hierdie stad en dit oorwin en dit verbrand.

9. Die Here sê: Julle moenie julleself bedrieg nie, moenie dink die Galdeërs het heeltemal weggegaan nie, want hulle hét nie weggegaan nie.

10. Ook as julle miskien al die soldate van die Galdeërs oorwin wat oorlog maak teen julle, dan sal die soldate wat seergekry het en in hulle tente lê, opstaan, en hulle sal hierdie stad verbrand.”

Jeremia in die tronk

11. Toe die soldate van die Galdeërs weggegaan het van Jerusalem, het hulle gehoor dat die soldate van die farao kom.

12. Jeremia het toe weggegaan uit Jerusalem. Hy wou na die land Benjamin gaan om sy deel te kry van die grond van sy familie.

13. Maar toe hy in die Benjamin-poort kom, het ’n offisier van die wagte vir Jeremia gegryp. Die offisier was Jirija seun van Selemja seun van Gananja. Jirija het gesê: “Jy wil nou na die Galdeërs toe gaan om saam met hulle te veg.”

14. Maar Jeremia het gesê: “Dit is nie waar nie. Ek gaan nie na die Galdeërs toe nie.”Maar Jirija het nie vir Jeremia geglo nie. Hy het Jeremia gegryp en hy het hom na die amptenare gebring.

15. Die amptenare was kwaad vir Jeremia. Hulle het hom geslaan en toegesluit in die huis van die sekretaris Jonatan. Hulle het die huis verander en hulle het dit ’n tronk gemaak.

16. Hulle het Jeremia toe in ’n put gesit. In die put was daar ook ander kamers, en Jeremia het lank daar gebly.

Koning Sedekia praat met Jeremia

17. Koning Sedekia het eendag vir Jeremia laat haal om na die paleis te kom. Toe hulle twee alleen was, het hy vir Jeremia gevra: “Is daar ’n boodskap van die Here?”Jeremia het gesê: “Ja, daar is ’n boodskap. Die koning van Babel sal jou oorwin en hy sal jou vang.”

18. Jeremia het ook vir koning Sedekia gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen teen jou en jou amptenare en al hierdie mense? Hoekom het julle my in die tronk gesit?

19. En waar is julle profete nou wat vir julle die boodskap gebring het dat die koning van Babel nie teen julle en teen hierdie land sal kom oorlog maak nie?

20. Meneer die koning, luister nou asseblief na wat ek vra: Moenie dat ek teruggaan na die huis van die sekretaris Jonatan nie, ek sal daar sterf.”

21. Die koning het toe gesê dat hulle vir Jeremia moet oppas in die binneplaas van die wagte. Hy het ook gesê dat Jeremia elke dag ’n brood moet kry van die bakkerstraat. Jeremia het brood gekry totdat al die kos in die stad op was. Jeremia het in die binneplaas van die paleiswagte gebly.