hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18 Bybel vir Almal (ABA)

Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen

1. Ek, Jeremia, het gehoor die Here sê vir my:

2. “Jy moet na die pottebakker se huis gaan. Ek sal daar met jou praat.”

3. Ek het na die pottebakker se huis gegaan, en hy was toe besig om iets te maak.

4. Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê.

5. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet vir die mense sê die Here sê:

6. Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen.

7. Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land uitruk en omgooi en verwoes,

8. en wanneer daardie volk ophou om die slegte dinge te doen waaroor Ek hulle wil straf, dan sal Ek besluit Ek straf hulle nie.

9. Of Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land bou en plant,

10. maar wanneer daardie volk ongehoorsaam is en dinge doen waarvan Ek nie hou nie, dan sal Ek besluit Ek sal nie aan hulle die goeie dinge doen wat Ek belowe het nie.

11. Daarom moet jy vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, sê die Here sê: Ek wil dit sleg laat gaan met julle, Ek het dit klaar besluit. Julle moet ophou om slegte dinge te doen, julle moet reg lewe en julle moet goeie dinge doen.

12. Jeremia, Ek weet die mense sal sê dit maak nie saak nie, hulle wil doen wat hulle wil. Hulle is hardkoppig, elkeen wil doen wat sy slegte hart vir hom sê.

13. Daarom sê Ek:“Gaan vra vir ander volkeof hulle al so iets gehoor het.Die Israeliete het ’n baie lelike ding gedoen.

14. Op die Libanon-berg is daar altyd sneeuen die riviertjies koue water wat van ver kom,hou aan om te vloei.

15. Maar my volk het My vergeeten hulle het wierook-offers gebringvir gode wat nie regtig gode is nie.Die volk het nie aangehou loopop die goeie ou paaie nie,hulle het begin loop op paaiewat nie paaie is nie,en hulle het oor die klippe begin val.

16. Dit is hulle skuld dat hulle land sal verander.Mense sal bang word wanneer hulle siendaar woon nie meer mense in die land nie,en hulle sal fluit.Dit sal altyd so wees.Almal wat deur die land loop,sal bang word en hulle sal hulle kop skud.

17. Ek sal die mense van Judana al die kante toe jaagwanneer hulle vyande hulle aanval.Ek sal hulle jaagsoos die oostewind die kaf wegwaai.En wanneer hulle daardie dag bang worden wil vra dat Ek hulle moet help,dan sal Ek wegdraai,Ek sal nie na hulle kyk nie.”

18. Die mense van Juda het gesê: “Ons moet ’n plan maak teen Jeremia. Ons moet slegte dinge oor hom vir die mense vertel, ons moenie bekommerd wees oor wat hy sê nie. Daar sal altyd priesters wees om vir ons te leer, en wyse mense om vir ons te vertel wat ons moet doen, en profete wat vir ons sê wat die Here sê.”

19. Daarom vra ek, Jeremia:“Here, U moet my beskerm,U moet hoor wat my vyande sê.Ek het goeie dinge gedoen aan hulle,maar hulle wil ’n slegte ding doen aan my,soos wanneer iemand ’n gat grawe om ’n dier te vang.

20. U moet onthou dat ek mooi vir U gevra hetom hulle nie te straf nieen om nie meer kwaad te wees vir hulle nie.

21. Maar nou moet U hulle strafomdat hulle so doen aan my.U moet hulle kinders laat doodgaan van honger,en U moet vyande laat komom oorlog te maak teen hulle,U moet hulle vroue se kinders en hulle manslaat sterf.U moet hulle mans laat sterf van siekte,en hulle jongmanne moet sterf in oorlog.

22. Hulle wou my vangsoos ’n dier in ’n vang-gat of ’n vangstrik.Daarom bid ek dat hulle moet swaarkry,hulle moet skree dat iemand hulle moet helpwanneer U hulle vyande skielik soos rowers laat kom.

23. Here, U weet alles wat hulle wil doenom my dood te maak,U moenie goed word vir hulle nie,U moenie hulle sonde vergewe nie,U moet kwaad bly vir hulle, U moet hulle laat sterf.”