hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 45 Bybel vir Almal (ABA)

’n Boodskap vir Baruk

1. Die profeet Jeremia het ’n boodskap gebring vir Baruk seun van Nerija. Dit was in die tyd toe Baruk al hierdie dinge geskryf het op die boekrol, alles wat die profeet vir hom gesê het. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het.

2. Jeremia het gesê: “Baruk, die Here, die God van Israel, sê vir jou:

3. Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie.

4. Maar my boodskap vir jou is: Ek breek af wat Ek gebou het, en Ek ruk uit wat Ek geplant het. Ek doen dit in die hele land.

5. Jy maak groot planne vir jouself, maar jy moenie, want Ek sal dit sleg laat gaan met almal. Maar Ek sal jou beskerm oral waar jy gaan, Ek sal jou laat aanhou lewe. Jy sal niks anders hê nie, maar jy sal lewe.”