hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Job se tweede toets

1. Eendag was die hemelwesens* weer voor die Here. Die aanklaer was ook tussen hulle.

2. “Waar was jy?” vra die Here vir die aanklaer.“Ek het heen en weer oor die aarde gereis en gekyk wat gebeur,” sê die aanklaer vir die Here.

3. “Het jy vir Job raakgesien? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy dien My en doen nie die verkeerde nie. En hy hou aan om My te dien, al het jy My ook oorreed om sonder enige oorsaak aan hom skade te doen,” sê die Here vir die aanklaer.

4. Die aanklaer antwoord die Here: “Hy dien U maar net omdat U dit goed laat gaan met hom.* ’n Mens sal immers enigiets gee om sy lewe te red!

5. Maar tas hom aan en vat sy gesondheid weg, dan sal U sien hoe vloek hy U in u gesig!”

6. “Goed, doen met hom wat jy wil. Spaar net sy lewe,” sê die Here vir die aanklaer.

7. Die aanklaer is toe weg van die Here af. Hy het Job met pynlike swere getref. Sy hele lyf was oortrek van die swere.

8. Job het op die ashoop gaan sit en met ’n gebreekte potskerf sy swere gekrap.

9. Sy vrou vra hom: “Hoekom hou jy aan om die Here te dien? Vloek God en sterf!”

10. Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat God glad nie ken nie. Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” Job het steeds niks verkeerds gedoen of gesê nie.

Job se drie vriende

11. Drie van Job se vriende was Elifas uit Teman, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die tragedies wat Job getref het. Toe het hulle mekaar ontmoet en saam na Job gekom om hom te troos en te bemoedig.

12. Hulle het Job al van ’n afstand af gesien, maar hulle het hom nie eens herken nie. Toe het hulle hardop begin huil, hulle klere geskeur en stof op hulle koppe gegooi, so hartseer was hulle oor Job se situasie.

13. Daarna het hulle sewe dae en sewe nagte lank op die grond by Job gesit. Nie een kon ’n woord teenoor hom uitkry nie. Hulle kon sien dat Job se smart te groot is vir woorde.