hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Job praat vir die eerste keer

1. Ten einde laaste het Job begin praat. Hy het die dag waarop hy gebore is, vervloek.

2. Hy het gesê:

3. “As my geboortedag tog nooit aangebreek het nie,en die nag toe daar gesê is:‘’n Seun is gebore.’

4. As daardie dagtog donker gebly het en God daarbo dit nie raakgesien het nie,en geen lig daardie dag geskyn het nie!

5. Mag duisternis en donkerte dit weer opeis en ’n wolk dit oorskadu. Mag donkerte die dag verskrik.

6. Mag diep duisternis daardie nag wegneem.Mag dit nooit getel word as ’n dag in die jaar nie. Mag dit nie tussen die maande verskyn nie.

7. Mag daardie nag onvrugbaar gebly het. Mag dit vir niemand enige vreugde bring nie.

8. “Mag mense wat dae vervloek, ook hierdie dag vervloek,so ook die mense wat die seemonster*kan oproep.

9. Die sterre van daardie oggendmoes verduister gewees het.Die dag moes tevergeefs gewag het op ligen nie die dag sien breek het nie.

10. Want dit het nie verhoeddat ek gebore word nie,het nie smart vir my weggesteek nie.

11. “Hoekom het ek nie by geboorte gesterf en omgekom terwyl ek gebore is nie?

12. Hoekom was daar ’n skootom my op neer te sit,twee borste waaraan ek kon drink?

13. Want dan sou ek in vredein die graf kon lê,en rustig in die dood geslaap het

14. saam met koningsen raadgewers van die aardewat puinhope herbou het,

15. met vorste wat goud besit heten huise vol silwer.

16. Hoekom is ek nie maarin die grond weggesteeksoos ’n misgeboorte, soos ’n doodgebore kindwat nie die daglig gesien het nie?

17. Daar staak die goddeloses die onrus,en daar kan die vermoeides rus.

18. Gevangenes geniet hulle rus, hulle hoor nie die stemvan die slawedrywer nie.

19. Daar is geringes en vernames gelyk,en die slaaf is vry van sy baas.

20. “Hoekom gee God lig aan mense wat moeg is,lewe vir die wat verbitterd is?

21. Hulle wens dat hulle kan doodgaan, maar die dood ontwyk hulle. Hulle soek die dood eerder as verborge skatte.

22. As hulle uiteindelik doodgaan, is dit vir hulle ’n groot verligting en vreugde.

23. Hoekom moet mense wat niks van die toekoms verwag nie, aanhou lewe, mense vir wie God aan swaarkry oorgegee het?

24. Versugting is my voedsel, my kreune word uitgegiet soos water.

25. Dit waarvoor ek gevrees het,het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang was,het nou met my gebeur.

26. Ek ken geen rus en vrede nie. Daar is vir my geen blaaskans meer nie, net moeilikheid.”