hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Elihu spreek Job aan

1. “Luister na my woorde, Job! Hoor alles wat ek wil sê!

2. Ek het nou begin, laat my praat.

3. Ek praat in opregtheid, ek het die waarheid in my mond.

4. Die Gees van God het my gemaak,die asem van die Almagtige gee my lewe.

5. Antwoord my dan, as jy kan!Berei jou voor en stel jou standpunt.

6. Kyk, ek en jy is dieselfde voor God.Ek is ook van stof gemaak.

7. Daarom hoef jy nievir my bang te wees nie.Ek gaan nie hard op jou afkom nie.

8. “Ek het na jou geluister,ek het elke woord gehoor wat jy gesê het.

9. Jy sê: ‘Ek is rein, sonder sonde,ek is onskuldig,ek het nie gesondig nie.

10. God soek skoor met my.Hy beskou my as sy vyand.

11. Hy sit my voete in die blok.Elke tree van my hou Hy dop.’

12. “Ek sê vir jou jy is verkeerd.Jy het self gesê: ‘God is groter as ’n mens.’

13. Nou, waarom bring jy dan ’n klag teen Hom? Jy sê: ‘Hy luister nie na mense nie.’

14. Maar God praatop verskillende maniere.Ons kom dit net nie agter nie.

15. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaapen op hulle beddens lê.

16. Hy fluister in hulle ore en verskrik hulle met sy waarskuwings.

17. Hy laat mense van gedagte verander om hulle van verkeerde dade weg te hou, en hulle van hoogmoed te weerhou.

18. Hy red hulle van die graf,van die diep rivier van die dood.

19. Soms praat Hy met mense deur ernstige siekte op ’n siekbed,as pyn aan hulle liggaam knaag.

20. Dan verloor mense hulle eetlus.Die lekkerste kos walg hulle.

21. Hulle is later net vel en been.

22. Hulle staan met die een voet in die graf.Die dood wag vir hulle.

23. “Maar as ’n hemelseboodskapper, ’n baie unieke een,intree vir so ’n persoon en hom regverdig verklaar,

24. sal God hom genadig wees en sê:‘Laat hom vry. Moenie dat hy sterf nie,want Ek het ’n losprys gevindvir sy lewe.’

25. Dan word sy liggaam weer so gesondsoos dié van ’n kind,ferm en jeugdigsoos toe hy jonk was.

26. As hy bid tot God, sal Hy hom aanvaar.God sal hom met vreugde ontvang,en hom ’n mens maak wat reg lewe.

27. Hy sal vir sy vriende sê: ‘Ek het gesondigen verkeerd gedoen,maar God het my nie gestrafsoos wat ek verdien het nie.

28. God het my gered van die graf,en nou is my lewe gevul met lig.’

29. “Ja, God doen al hierdie dinge vir mense, weer en weer.

30. Hy red hulle van die graf sodat hulle mag lewe in die lig van die lewendes.

31. “Luister mooi, Job.Luister na my.Bly stil en laat my nog praat.

32. As jy my kan antwoord, praat dan.Ek sou jou graag gelyk wou gee dat jy geregverdig is.

33. As jy niks het om te sê nie, luister dan na my.Ek sal vir jou wysheid leer.”