hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Job praat ’n sesde keer wanneer

hy Bildad antwoord

1. Job het weer gepraat:

2. “Hoe lank gaan julle my nog martel?Hoe lank gaan julle nog probeer om my te verplettermet julle woorde?

3. Tien keer het julle nou bedoel om my te verneder. Julle kan julle skaam om so ongevoelig teenoor my te wees.

4. Selfs al het ek gesondig,is dit my saak,nie julle s’n nie.

5. Julle probeer my oorweldig deur my vernedering te gebruik as bewys van my sonde.

6. Maar dit is God wat kwaad aan my doen,want ek is soos ’n beleërde stad.

7. “Ek roep hard om hulp,maar niemand hoor my nie.Ek skreeu, maar daar is geen geregtigheid nie.

8. God het my pad versper,ek kan nie beweeg nie.Hy het dit donker op my weë gemaak.

9. Hy het my gestroop van my eer en my kroon van my kop verwyder.

10. Hy breek my af van alle kante.Dis klaar met my.Hy vernietig my hoopsoos ’n ontwortelde boom.

11. Sy toorn brand teen my.Hy beskou my as sy vyand.

12. Sy soldate kom op my afen bou paaie om my aan te val.Hulle slaan kamp op rondom my tent.

13. “My broers bly ver weg,my vriendehet teen my gedraai.

14. My familie is ver weg,my bure het my vergeet.

15. My gaste en diensmeisies beskou my as ’n vreemdeling.Ek is soos ’n uitlander vir hulle.

16. Ek roep my bediende, maar hy kom nie,selfs al smeek ek hom hardop!

17. My asem is aanstootlik vir my vrou.Ek is walglik vir my eie familie.

18. Selfs jong kinders verag my.As ek opstaan om iets te sê, draai hulle die rug op my.

19. My naaste vriende het ’n afsku aan my.Dié wat ek liefhet, het teen my gedraai.

20. Ek is nog net vel en been.Ek het die dood net-net vrygespring.

21. “Bejammer my tog, my vriende, wees tog jammer vir my! Want die hand van God het my getref.

22. Waarom vervolg julle my ook soos wat God doen? Is dit nie genoeg vir julle dat ek so ly nie?

23. “Ag, dat al my woorde neergeskryf sou word; dat dit gegraveer sal word op ’n monument,

24. uitgekap met ’n ysterbeitel, en gevul met lood, vir altyd gegraveer in ’n rots.

25. Maar ek, ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan.

26. Nadat my liggaam vergaan het, sal ek persoonlik God sien!

27. Ek sal Hom self sien.Ja, ek sal Hom sien met my eie oë.Dié gedagte oorweldig my!

28. “Hoe durf julle dan aanhou om my te vervolgdeur te sê: ‘Dis sy eie skuld dat hy so swaarkry.’

29. Ek waarsku julle: Julle is self in gevaar om gestraf te word vir julle gesindheid.Daardie dag sal julle weet dat reg gaan geskied!”