hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Elihu herinner Job aan God se

regverdigheid

1. Elihu het gesê:

2. “Luister na my, julle wyse mans. Gee aandag, julle wat baie kennis het.

3. Net soos die mond goeie kos proe,so toets die oor die woorde.

4. Daarom, laat ons vir onsself onderskei wat reg is;laat ons saam leer wat goed is.

5. “Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God het my regte weggeneem.

6. Ek is onskuldig, maar hulle noem my ’n leuenaar. My lyding is ongeneeslik, al het ek nie gesondig nie.’

7. Was daar al ooit iemand so verwaand soos Job, met sy dors na lasterlike praatjies?

8. Hy soek die geselskap op van bose mense.Hy bestee sy tydmet kwaaddoeners.

9. Hy het selfs gesê: ‘Ek mors my tyd om God tevrede te stel.’

10. “Luister na my,julle wat verstand het! Almal weet dat God nie sondig nie.Die Almagtige doen niks verkeerd nie.

11. Hy vergeld mense volgens hulle dade.Hy behandel mense volgens hulle optrede.

12. Dis ondenkbaar dat God die verkeerde sou doen.Die Almagtige kan nie die reg verdraai nie.

13. Wie het die aardeaan God se sorg toevertrou? Wie het Hom aangestel oor die hele wêreld?

14. As Hy sy Gees wegneemen sy asem onttrek,

15. hou alle lewe op om te bestaan.Mense word dan stof.

16. “As jy enige verstand het, luister dan hierna.Hoor wat ek sê.

17. Sou God kon regeer as Hy regverdigheid haat? Kan jy waag om die almagtige Regter te veroordeel?

18. Want Hy sê aan konings: ‘Julle is boos!’ en aan vername mense: ‘Julle is onregverdig.’

19. Dit maak nie vir Hom saakhoe belangrik jy is nie.Hy kies ook nie tussen ryk en arm nie.Hy het hulle almal gemaak.

20. Hulle sterf in ’n oomblikteen middernag.Die sterkstes word verwyder sonder dat iemand iets daaraan kan doen.

21. “Hy kyk na hoe mense leef;Hy sien alles wat hulle doen.

22. Die kwaaddoener kan in geen donker plek,hoe donker ook al,vir Hom wegkruip nie.

23. Dit is nie vir ’n mensom te besluit wanneer hyin God se oordeel kom nie.

24. Hy vernietig sterk mensesonder om iemand te vraen stel ander aan in hulle plek.

25. Hy kyk wat hulle doen.In die nag keer Hy hulle om en vernietig hulle.

26. Hy straf hulle vir hulle slegte dade waar almal dit kan sien.

27. Hulle het mos opgehou om Hom te volg.Hulle het hulle nie aan Hom gesteur nie.

28. Deur hulle toedoen moes die armes na Hom roep om hulp. En God het dit gehoor.Ja, Hy hoor altyd die noodroep van mense.

29. Wanneer Hy stilbly, wie kan Hom kritiseer? As Hy Hom verberg,wie kan Hom sien?Hy besluit oor volke en mense.

30. Hy sorg dat ’n goddelose nie oor mense regeer en hulle in ’n valstrik lei nie.

31. “Hoekom sê mense nie vir God: ‘Ek het gesondig,maar ek sal nie weer sondig nie’?

32. Of: ‘Ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie.Sê vir my sodat ek daarmeekan ophou.’

33. Moet God optree volgens jou eise omdat jy weier om jou te bekeer?Jý moet kies, nie ek nie.Deel jou wysheid met ons!

34. “Mense met begrip verklaar,wyse mense wat my hoor, sê vir my:

35. ‘Job praat sonder kennis.Sy woorde is sonder insig.’

36. Job, jy verdien die swaarste straf vir jou bose praatjies.

37. Want nou het jy by al jou ander sondes ook opstand en godslastering daarby gevoeg.”