hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Elifas reageer ’n derde keer

op Job

1. Elifas die Temaniet het geantwoord:

2. “Kan ’n mens se dade enige voordeel inhou vir God?Kan selfs ’n baie wyse mens Hom help?

3. Watter plesier het die Almagtige daarindat jy regverdig is?Baat Hy daarby as jy volmaak is?

4. “Is dit oor jou eerbied vir Hom dat Hy jou aankla en veroordeel?

5. Hoegenaamd nie! Dis oor jou boosheid!Jou skuld ken geen perke nie!

6. Dalk het jy geld aan jou vriend geleen,en sy klere gehou as borg.Hy moes rondloop sonder klere.

7. Miskien wou jy nie water gee vir die dorstige, en kos vir die hongerige nie.

8. Jy, ’n ryk man, het grond besit.Mense het jou geëer.

9. Tog het jy weduwees sonder hulp weggestuur. Of jy het weeskinders dakloos gelaat.

10. Dit is waarom jy omring ismet strikke en jy ’n skielike ramp vrees.

11. Daarom kan jy nie in die donker sien nieen vloedwaters stroom oor jou.

12. God is so groot,hoër as die hoogste hemel, verder as die verste ster.

13. Maar jy sê: ‘Dis hoekom God nie kan sien wat ek doen nie!Hoe kan Hy oordeel deur so ’n diep duisternis?

14. Want dik wolke omhul Hom.Hy kan ons nie sien nie.Hy loop daar bo in die hemel rond.’

15. Wil jy aanhou loop op die ou paaievan goddelose mense?

16. Hulle is weggeruk in die fleur van hulle lewe,en die dinge waarop hulle hulle lewe gebou het,het weggespoel.

17. Hulle het mos vir God gesê: ‘Los ons alleen! Wat kan die Almagtige aan ons doen?’

18. Want hulle het vergeet dat Hy vir hulle huise gegee hetvol goeie dinge.Ek wil niks te doen hê met hulle lewenswyse nie.

19. “Die regverdige sal bly wees om te sien hoe goddeloses ondergaan.Die onskuldiges lag en spot met hulle.

20. Hulle sê: ‘Ons vyande is vernietig!Alles wat hulle gehad het, het verbrand!’

21. “Onderwerp jou aan God,dan sal jy vrede hêen sal alles met jou goed gaan.

22. Luister na sy voorskrifteen bêre hulle in jou hart.

23. As jy terugkeer na die Almagtige en jou lewe skoonmaak, sal jy herstel word.

24. Los jou sug na geld,en gooi jou kosbare skatte in die rivier.

25. Dan sal die Almagtige self jou rykdom wees. Hy sal vir jou wees soos kosbare silwer.

26. Dan sal jy bly wees oor die Almagtige en sal jy opkyk na God.

27. Jy sal tot Hom bid,en Hy sal jou hoor.Jy sal doen wat jy Hom belowe het.

28. Wat jy besluit om te doen, sal gebeur.Dit sal lig wees op die pad voor jou.

29. As iemand valen jy vra dat God hulle optel, sal Hy hulle red.

30. Hy sal selfs sondaars red,hulle sal verlos wordomdat jy onskuldig is.”