hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Here daag Job weer uit

1. Die Here het toe vir Jobuit ’n storm geantwoord:

2. “Gaan staan regop soos ’n man.Ek wil ’n paar vrae aan jou stel.Jy moet My antwoord.

3. “Wil jy sê dat Ek verkeerd is? Wil jy My veroordeel sodat jy geregverdig kan wees?

4. Is jy so sterk soos God?Kan jy jou stemuit die onweer laat hoor?

5. Laat jou gesag dan geld. Tree op in jou koninklike majesteit.

6. Gee uiting aan jou woedesodat dit oorkook oor die hoogmoedigesen hulle verneder.

7. Vernietig slegte mense met een blik.Loop oor die goddeloses.

8. Begrawe almal in die stof.Sluit hulle toe in die graf.

9. Selfs Ek sal jou dan prys, want jy sal jou deur jou eie krag kan red.

10. “Kyk na die seekoei*.Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het.Hy vreet gras soos ’n bees.

11. Hy het ’n kragtige liggaammet sterk spiere.

12. Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg.

13. Sy bene is soos bronspype.Sy ledemate so sterk soos yster.

14. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk.Net sy Maker kan hom in toom hou.

15. Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê onder waterplante.Hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Hy skuil in die skadu van die waterplantetussen die wilgers langs die rivier.

18. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.

19. Niemand kan hom van voor af paken ’n ring in sy neus sit nie.”

Die Here daag Job weer uit

20. “Kan jy ’n krokodil*met ’n hoek vang?Kan jy ’n tou bind om sy bek?

21. Kan jy ’n lynsteek deur sy neusof sy kake met ’n haak deurboor?

22. Sal hy by jou pleit om genade,of soebat om vir hom jammer te wees?

23. Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe?

24. Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters?

25. Sal handelaars hom wil koop?Kan hulle hom verkoop in hulle winkels?

26. Kan jy sy vel deurboor met pyle, of sy kop met ’n harpoen?

27. Lê gerus jou hand op hom!Jy sal vir altyd die geveg onthouen dit nooit weer waag nie.

28. Jy probeer verniet om hom te vang.Die jagter is oorweldig as hy hom net sien.”