hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Roep maar om hulp! Niemand sal antwoord nie.Na watter engelsal jy jou kan wend om hulp?

2. Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense.

3. Ek het opgelet: In die begin gaan dit goed met ’n dwaas.Maar dan skielik tref rampe hom.

4. Sy kinders word nie gehelp nie.Daar is niemand wat hulle verdedigwanneer hulle voor die hof gedaag word nie.

5. Hulle oeste word opgeëet deur honger mense,selfs al is dit deur ’n doringheining beskerm. Hulle welvaart bevredig die dors van ander.

6. Ellende spruit nie uit die grond,en swaarkry groei nieuit die aarde nie.

7. ’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’nvuur.

8. “My raad aan jou is: Gaan na God toeen stel jou saak aan Hom.

9. Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan.Hy doen wonder op wonder.

10. Hy gee reën op die aarde.Hy maak die veld nat.

11. Hy gee voorspoed aan die nederiges, en beskerm mense wat ly.

12. Hy verydel die planne van skelm mensesodat hulle planne nie slaag nie.

13. Mense wat dink hulle is slim, draai Hy in hulle eie planne vas.Wat hulle wou doen, maak Hy tot niet.

14. Hulle tas rond in helder daglig asof hulle blind is.Hulle sien niks in die dag nie,asof dit nag is.

15. Hy red die armes van diéwat hulle vals beskuldig.Hy red hulle uit die mag van die sterkes.

16. So kan die armes weer hoop, en die mond van die bose word gesnoer.

17. “Kyk hoe gelukkig is mense vir wie God vermaan!Verag nie die teregwysing van die Almagtigeas jy sondig nie,

18. want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer.

19. Hy sal jou keer op keer red,tot ses of sewe keer,sodat kwaad jou nie tref nie.

20. In ’n tyd van hongersnood red Hy jou van die dood.In ’n tyd van oorlog red Hy jou van die swaard.

21. Jy sal veilig wees teen skindertonge.Jy hoef nie te vrees om vernietig te word nie.

22. Jy sal lag tydens vernietiging en hongersnood.Vir wilde diere sal jy nie skrik nie.

23. Jy sal vrede hê met die klippe in die veld en wilde diere sal jou nie pla nie.

24. Jy sal weet dat jou blyplek veilig is.Op jou weiveld sal jy geen vee mis nie.

25. Jy sal baie kinders hê,jou nageslagsal volop wees soos gras!

26. Jy sal op rype ouderdom sterf;nie ’n dag voor jou tyd sal die dood jou oes nie.

27. “Ons het ondervind dat dit alles waar is.Luister na my raad en pas dit toe op jouself.”