hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Omdat die krokodilso wreed is,sal niemand dit waag om hom wakker te maak nie.Wie sal dan teenoor My kan staan?

2. Wie wil dan aan My eise stel dat Ek moet betaal?Alles onder die hemel behoort immers aan My.

3. “Ek wil nog praat oor die krokodil se kragen sy ontsaglike liggaamsbouen sierlike vorm.

4. Wie kan sy vel aftrek? Wie kan sy dik pantser deurboor?

5. Wie waag om sy bek oop te ruk?Sy verskriklike tande maak jou bang!

6. Sy skubbe vorm ’n skild op sy rug, dig aaneengeskakel.

7. Hulle is so dig opmekaar;geen lug kom daardeur nie.

8. Hulle sluit so dig opmekaar; hulle skakel inmekaaren kan nie geskei word nie.

9. As hy nies, flits daar ligte.Sy oë is rooi soos die oggendson.

10. Vuur kom uit sy bekvonke skiet daaruit.

11. Rook kom uit sy neusgate soos stoomuit ’n kokende pot op ’n vuur.

12. Sy asem steek vure aan die brand.Vlamme kom uit sy bek.

13. Sy nek is baie sterk.Almal staan verskrik as hulle hom sien.

14. Sy vleis is ferm saamgepak.Dit is hard, jy kan dit nie beweeg nie.

15. Sy hart is so hard soos klip, net soos ’n meulsteen.

16. Sterkes vlug as hy opstaan, vervul met vrees wanneer hy beweeg.

17. Geen swaard kan hom stop nie,nóg spies, nóg pyl of skerp harpoen.

18. Yster is vir hom soos strooi, en brons soos hout wat verrot.

19. Hy vlug nie vir ’n pyl nie.Klippe uit ’n slingervel is vir hom soos strooi.

20. ’n Knopkierie doen niks aan hom nie. Hy lag vir ’n werpspies wat hom tref.

21. Sy pens is bedek met skubbe so skerp soos glas.Dit laat ’n spoor soos ’n dorsslee in die grond.

22. Hy laat die diep water kook soos in ’n pot.Hy roer die see soos ’n pot salf.

23. Agter hom lê ’n blink streep op die water.Die see word wit van die skuim.

24. Daar is geen skepsel so vreesloos soos hyop die hele aarde nie.

25. Hy is ’n trotse skepsel,die koning van die diere.”