hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “As ek hieraan dink, bons en bewe my hart in my.

2. Luister na God se stem in die donderweer as dit voortrol van Hom af.

3. Dit rol deur die ganse hemel.Sy weerlig slaan in alle rigtings.

4. Dan kom die gebrul van die donderweer, die geweldige stem van sy majesteit.Hy hou nie die weerlig terug wanneer Hy praat nie.

5. God se stem is glorierykin die donderweer.Dis onmoontlikom sy grootheid en mag te bedink.

6. Hy laat die sneeu val op die aarde,en beveel die reën om neer te stort.

7. Almal hou dan op om te werk sodat hulle sy krag kan aanskou.

8. Die wilde diere skuil tussen rotse of bly in hulle lêplekke.

9. Die storm kom uit sy blyplek.Die wind bring groot koue.

10. Die asem van God stuur die ys.Die wye waters vries kliphard.

11. Hy laai die wolke met vog.Hy verlig die wolke met sy weerlig.

12. Die wolke draai en draai soos Hy hulle beveel.Hulle doen wat Hy beveel oor die hele bewoonde aarde.

13. Hy laat dinge gebeur op aardeas straf of as teken van sy troue liefde.

14. “Luister hierna, Job.Staan stil en bedink die wonderdade van God.

15. Weet jy hoe Goddie storm beheeren sy weerlig laat flits uit sy wolke?

16. Verstaan jy hoe die wolke in die lug bly hang?Dis die wonderlike werk van Hom wat alles weet.

17. As jy vergaan van die hitte in jou klere, wanneer die suidewind gaan lêen alles stil word,

18. weerkaats Hy die hitte uit die hemelruimsoos ’n reuse spieël. Kan jy dit doen?

19. “Jy dink mos jy weet so baie.Leer ons wat ons vir God moet sê. Ons is te onkundig om self te redeneer.

20. Moet ons vir Hom sê dat ons met Hom wil praat? Kan ons praat as ons so deurmekaar is?

21. Ons kan nie in die son kyk op ’n wolklose dag nie.Dit skyn helder in die lug wanneer al die wolke weggewaai het.

22. Uit die noorde kom God in goudglans.Rondom Hom is ontsagwekkende majesteit.

23. Ons kan ons nie voorstel hoe magtig God is nie. Tog is Hy so regverdig en vol genade dat Hy ons nie verdruk nie.

24. Geen wonder dat alle mense Hom vrees nie.Mense met ware wysheid het ontsag vir Hom.”