hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Job antwoord die Here

1. Job het die Heregeantwoord:

2. “Ek weet nouU kan enigiets doen,en niemand kan U keer nie.

3. U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek.Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my.

4. “U het gesê: ‘Luister, want Ek wil praat!Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord.’

5. Tot nou toe het ek net met my orevan U gehoor,maar nou het ek U met my eie oë gesien.

6. Nou verag ek myselfen het berou in stof en as.”

Gevolgtrekking: Die Here seën

Job

7. Nadat die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie wat reg is oor My gepraat soos my dienaar Job nie.

8. “Daarom, vat nou sewe jong bulle en sewe ramme, gaan na my dienaar Job en bring ’n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie behandel soos julle verdien nie. Julle het nie wat reg is oor My gesê soos my dienaar Job nie.”

9. Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here beveel het, en die Here het Job se gebed verhoor.

10. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.

11. Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee.

12. Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste. Hy het 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies gekry.

13. Hy het ook vir hom sewe seuns en drie dogters gegee.

14. Die oudste dogter het hy Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde Keren-Puk.

15. In die hele land was daar nêrens vroue so mooi soos Job se dogters nie. Hulle pa het hulle saam met hulle broers laat erf.

16. Job het nog 140 jaar gelewe. Hy het sy kinders en kleinkinders gesien, tot in die vierde geslag.

17. Job het ná ’n vol lewe op ’n hoë ouderdom gesterf.