hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Here daag Job uit

1. Toe het die HereJob uit ’n stormwind geantwoord:

2. “Wie is dit wat my wysheid bevraagtekenmet woorde van onkunde?

3. Staal jouself! Ek sal die vrae stel, en dan antwoord jy My.

4. “Waar was jy toe Ek die fondasie van die aarde gelê het? Sê My as jy so baie weet!

5. Wie het die aarde opgemeet? Jy weet tog seker! En wie het die maatband oor die aarde gespan?

6. Waarop rus die fondasie van die aarde?En wie het sy hoeksteen gelê?

7. Toe het al die môresterre saamgesing en die hemelse wesens*het van vreugde gejuig.

8. “Wie het die grense van die see vasgestel toe dit uitgeborrel het

9. en Ek dit bedek het met wolke en dik duisternis?

10. Ek het grense vir hom gestel.Ek het hom agter slot en grendel gesit.

11. Ek het gesê: ‘Jy mag tot hier kom, en nie verder nie.Hier moet jou trotse golwe breek.’

12. “Het jy ooit die môre beveel om te verskyn? Het jy die dag laat breek in die ooste?

13. Het jy al die lig opdrag gegee om oor die aarde te sprei sodat die nag se boosheid kan ophou?

14. Die aarde neem vorm aan soos die lig toeneem.Dit neem vorm aan soos voue in ’n kledingstuk.

15. Die lig versteur die rooftog van die kwaaddoener.Hulle kan nie meer die arm lig om geweld te pleeg nie.

16. “Was jy al by die fonteine waar die see ontspring?Het jy al daar rondgeloop en sy dieptes verken?

17. Weet jy waar die ingang van die doderyk is, waar die donkerte skuil?

18. Begryp jy hoe groot die aarde is?Sê My as jy dit alles weet.

19. “Waar kom die lig vandaan?En waarheen wyk die donkerte?

20. Kan jy hulle terugvat na hulle huis toe?Weet jy hoe om daar uit te kom?

21. Natuurlik weet jy dit alles!Jy is mos geborevoor dit alles geskep is.Jy het nou al soveel ervaring!

22. “Was jy al by die skatkamers van die sneeu? Het jy al gesien waar die hael gebêre word?

23. Ek gaar dit op vir ’n tyd van rampe, vir die dag van stryd en oorlog.

24. Waar is die pad na die oorsprong van lig?Waar is die tuiste van die oostewind?

25. Wie grawe ’n kanaal vir die stortreën?Wie maak ’n padvir die weerlig?

26. Wie giet reën oor die droë grond, in ’n woestyn waar niemand woon nie?

27. Wie stuur die reën wat die droë land natmaak sodat groen gras uitspruit?

28. Het die reën ’n vader? Waar kom dou vandaan?

29. Wie is die moeder van ys? Wie gee geboorte aan ryp uit die lug?

30. Dan word water so hard soos ’n rots,en die watervlak verys.

31. “Kan jy die Sewester vasknoop?Of die bande van Orion losmaak?

32. Kan jy sorg dat die sterre op die regte tyd opkom?Kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?

33. Ken jy die wette van die natuur?Weet jy hoe God oor die aarde regeer?

34. “Kan jy met die wolke praat sodat hulle begin reën?

35. Kan jy weerligstrale maak,en dit laat tref soos jy wil?

36. Wie gee intuïsie en instink aan die mens?

37. Wie is slim genoeg om die wolke te tel?Wie kan die waterkanne van die hemel omkeer

38. wanneer die grond droog isen die kluite kliphard?”