hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Job pleit by God

1. “Ek verafsku my lewe!Los my dat ek kan klasodat ek die bitterheid wat in my is, in woorde kan sê.

2. Ek wil vir God sê: ‘Moet my nie sommer veroordeel nie.Sê vir my wat is die klag wat U teen my bring?

3. Wat baat U daarby om my te laat swaarkry? Waarom verwerp U my, die werk van u eie hande,terwyl U aan die kwaaddoener voorspoed gee?

4. Het U die oë van ’n mens? Kyk U na dinge soos mense daarna kyk?

5. Is u leeftyd soos dié van ’n mens?Is u lewe só kort soos ’n mens s’n

6. dat U haastig is om te soek na my skulden my sonde uit te wys

7. alhoewel U weet dat ek nie skuldig is nie,en niemand my kan red uit u hand nie?

8. U het my met u hande gevorm. U het my gemaak, en tog vernietig U my geheel en al!

9. Onthou dat U my van klei gemaak het. Wil U my nou al terugbring tot stof?

10. U het my ontvangenis begelei en my in die baarmoeder gevorm.

11. U het my geklee met vleis en vel en my bene met senings aanmekaargeheg.

12. U het aan my lewe gegeeen aan my u onfeilbare liefde betoon.My lewe was bewaar deur u sorg.

13. Maar u werklike motief– ek weet dit –

14. was om my dop te houof ek sondig.En as ek sondig, sou U my nie vergewe nie.

15. As ek skuldig is, is dit klaar met my.En selfs as ek onskuldig is, is ek gevul met skaamte en ellende sodat ek my kop laat hang.

16. As ek my kop optel, sou U my jag soos ’n leeu met ’n vertoon van u ontsaglike mag teen my.

17. Weer en weer getuig U teen my.U stort ’n groeiende vloed van toorn oor my, en bring vars leërmagte teen my.

18. Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie?

19. Dan was ek gespaar van hierdie ellendige bestaan. Dan was ek reguit van die baarmoeder na die graf gedra.

20. Ek het net ’n klein tydjie oor.So, laat my tog alleensodat ek ’n oomblik se vreugde kan hê

21. voordat ek moet vertrek na die donker landwat diep en somber isom nooit terug te kom nie.

22. Daar is dit altyd so donker soos middernag.Somberheid en chaos heers, en lig het pikdonker geword.’”