hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Waarom het die Almagtige nie ’n dag van afrekening vir die kwaaddoener nie?Waarom wag die regverdige tevergeefs op Hom?

2. Bose mense steel grond deur grenslyne te verskuif.Hulle steel skapeen laat hulle wei op hulle eie weiveld.

3. Hulle vat selfs donkies van die weeskind.Hulle vat die weduwee se bees as borg.

4. Hulle druk die armes uit die pad.Die behoeftiges in die landmoet vir hulle wegkruip.

5. Die armes moet soos wildedonkies in die woestyn sukkel om liggaam en sielaan mekaar te hou.Hulle soek kos in die woestyn vir hulle en hulle kinders.

6. Hulle versamel veevoer op ’n ander se landerye en oes oorskiettrossies in die wingerde van die kwaaddoener.

7. Snags lê hulle sonder klere in die koue,sonder iets om hulle toe te maak.

8. Hulle is deurweek deur reën uit diebergeen bondel almal saamteen die rotse vir skuiling.

9. Weeskinders word weggeruk van die bors waaraan hulle drink.Die baba van die arme word as borg vir skuld geneem.

10. Armes loop kaal, sonder klere.Hulle dra kos aan vir ander, terwyl hulle self honger ly.

11. Hulle pars olyfolie, sonder om self daarvan te proe,hulle trap die wynpers, terwyl hulle self dors is.

12. “Die gekerm van sterwendes klink op uit die stad, en die gewondes roep om hulp, maar God steur Hom nie aan die skreiende onreg nie.

13. “Kwaaddoeners kom in opstand teen die lig.Hulle wil niks te doen hê met wat in die lig gebeur nie. Hulle loop nie op sy pad nie.

14. Moordenaars staan op voor dagbreek om die arme en behoeftige dood te maak.In die nag is hy ’n dief.

15. Die egbreker wag tot dit skemer is, want hy sê:‘Niemand sal my nou sien nie.’ Hy dra ’n masker sodat niemand hom herken nie.

16. In die nag breek hulle in by huise;in die dag slaap hulle. Hulle wil niks weet van die lig nie.

17. Vir hulle is die donkersoos die oggend.Hulle is bondgenote met die verskrikking van die duisternis.

18. “Maar hulle sal van die aarde verdwyn, so vinnig soos skuim wat deur ’n rivier weggevoer word.Alles wat hulle besit, is vervloeksodat niemand meer in hulle wingerde kom nie.

19. Soos droogte en hitte sneeu laat smelt, so word sondaars deur die dood verteer.

20. Selfs hulle ma’s vergeet van hulle.Hulle is kos vir die wurms.Niemand wil hulle onthou nie.Bose mense breek in stukke soos ’n boom in ’n storm.

21. Hulle het die kinderlose vrouuitgebuit.Hulle weier om weduwees te help.

22. God sleep die sterkes wegdeur sy mag.Al is hulle gevestig,hulle het geen sekerheidin die lewe nie.

23. God laat hulle miskien veilig woon, maar Hy hou hulle altyd goed dop.

24. Al word hulle vir ’n tydjie baie belangrik, hulle sal almal vergaan. Soos al die ander menseword hulle bymekaargemaak ensoos koring afgesny.

25. “Is dit nie so nie? Wie kan my verkeerd bewysen my woorde ignoreer?”