hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “So sê die oppermagtige Here: Die oostelike ingang na die binneste muur moet gedurende die ses werksdae van elke week gesluit bly, maar op die Sabbat en Nuwemaanfeeste oopgemaak word.

2. Die regeerder moet van buite af deur die voorportaal ingaan. Dan staan hy by die ingangsdeur terwyl die priester sy brandoffer en vrede-offer bring. Hy aanbid binne die drumpel van die ingang en gaan dan weer terug soos hy gekom het. Die ingang mag nie tot die aand gesluit word nie.

3. Op Sabbatdae en Nuwemaanfeeste moet gewone burgers die Here by hierdie ingang aanbid.

4. “Elke Sabbat moet die regeerder ’n brandoffer van ses lammers en een ram, almal sonder liggaamsgebreke, aan die Here offer.

5. Hy moet ook ’n graanoffer van sestien kilogram meel saam met die ram bring. Die offer saam met die lammers kan soveel meel wees as wat hy saam met elke lam wil gee. Daar moet vier liter olyfolie by elke sestien kilogram meel wees.

6. By die Nuwemaanfees moet hy ’n jong bul, ses lammers en een ram, almal sonder liggaamsgebreke, bring.

7. Saam met die jong bul en ook saam met die ram moet hy graanoffers van sestien kilogram bring, en saam met die lammers soveel as wat hy kan bekostig. Vir elke sestien kilogram meel moet hy ook vier liter olyfolie offer.

8. “Die regeerder moet deur die voorportaal by die ingang ingaan, en moet ook daar uitgaan.

9. Maar die mense moet deur die noordelike ingang gaan om die Here gedurende die godsdienstige feeste te aanbid, en moet weer uitgaan by die suidelike uitgang. Almal wat by die suidelike ingang ingaan, moet deur die noordelike uitgang uitgaan. Hulle mag nooit uitgaan by dieselfde ingang waar hulle ingegaan het nie. Almal moet by die ander kant uitgaan.

10. “Die regeerder moet saam met die mense by hierdie geleenthede ingaan en uitgaan.

11. “Op feesdae en tydens feestye moet die graanoffer sestien kilogram saam met ’n bul en ’n ram wees, en dié saam met die lammers soveel as wat die persoon wil gee. Vir elke sestien kilogram moet daar ook vier liter olyfolie gebring word.

12. “Wanneer ook al die regeerder ’n vrywillige brandoffer of vrede-offer aan die Here wil bring, moet die oostelike ingang oopgemaak word sodat hy daar ingaan. Hy bring sy offers net soos op Sabbatdae. Dan draai hy om en gaan terug soos hy gekom het. Die ingang moet agter hom gesluit word.

13. “Elke môre moet ’n jaaroud ramlammetjie sonder liggaamsgebrek vir die Here as brandoffer gebring word.

14. Saam met die lam moet daar ook ’n graanoffer van drie kilogram meel gebring word met een en ’n derde liter olyfolie om die meel mee klam te maak. Dit moet ’n vaste instelling wees.

15. Die lam, graanoffer en olyfolie moet elke môre gebring word as ’n daaglikse brandoffer.”

Die regeerder en grondbesit

16. “So sê die oppermagtige Here: As die regeerder aan een van sy seuns grond gee, behoort dit aan hom en sy nageslag vir altyd.

17. Maar as hy grond aan een van sy werknemers gee, mag die werknemer dit net hou tot die hersteljaar, elke 50ste jaar. Dan word dit weer die regeerder en sy nageslag se eiendom.

18. Die regeerder mag niemand se grond afvat nie. As hy vir sy kinders grond gee, moet dit van sy eie eiendom wees. Niemand van my mense mag van hulle grond afgesit word nie.”

Tempelkombuise

19. Toe het die man my na die noordelike ingang geneem, na die gewyde kamers waar die priesters bly. Hy wys my toe ’n plek agter die gebou, aan die westekant daarvan

20. en verduidelik vir my: “Hier moet die priesters die vleis van die skuldoffers en sonde-offers kook en van die meel van die graanoffers brood bak. Hulle moet dit hier doen sodat dit nie nodig is om die offers deur die buitenste hof te dra en so die gevaar loop dat mense daardeur skade kan opdoen nie.”

21. Toe bring hy my terug deur die buitenste hof en lei my na elkeen van die vier hoeke. In elke hoek het ek ’n kleiner voorhof gesien.

22. Dié kleiner voorhowe was elkeen twintig meter lank en vyftien meter breed, en daar het rook by hulle uitgekom.

23. Daar was ’n muur rondom elkeen en binne teen die muur rondom was daar kookplekke aangebring.

24. Die man het vir my gesê: “Dit is die kombuise waar die tempelbediendes die offervleis van die volk gaarmaak.”