hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap vir Tirus

1. Op 3 Februarie, in die twaalfde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

2. “Mensekind, Tirus verlekker hom oor Jerusalem wat geval het. Hy sê: ‘Aha! Haar beheer oor die handelsroetes na die ooste is verby. Nou gaan ek ryk word omdat sy vernietig is!’

3. “Daarom sê die oppermagtige Here: Ek is jou vyand, Tirus. Ek bring baie nasies teen jou. Hulle sal soos die golwe van die see teen jou kus aanrol.

4. Hulle sal die mure van Tirus vernietig en sy torings afbreek. Ek skraap die sand weg sodat net ’n kaal rots agterbly.

5. Niemand sal meer op hierdie eiland bly nie. Die vissermanne sal daar hulle nette uitsprei. So sê Ek, die oppermagtige Here. Tirus sal die prooi van baie nasies word

6. en die dorpies op die vasteland sal deur die swaard vernietig word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.

7. “Die oppermagtige Here sê: Ek bring koning Nebukadnesar van Babilon, die koning oor konings, uit die noorde, teen Tirus. Hy kom met perde en strydwaens, ruiters en ’n groot leër.

8. Hy sal jou dogterstede wat in die veld is, oorweldig. Dan sal hy jou stad aanval deur ’n beleëringswal teen jou op te gooi en ’n dak van skilde teen jou mure aan te bring.

9. Hy sal jou mure met stormramme omstamp en jou to-rings met sy wapens omgooi.

10. Sy perde sal so baie wees dat jy toe onder die stof sal wees. En jou mure sal bewe van die gedruis van die wapentuig en waens as hulle die stad deur sy stukkende mure binnekom.

11. Sy ruiters sal elke straat vertrap. Hulle sal jou mense doodmaak en jou sterk pilare omgooi.

12. “Hulle sal jou rykdom plunder en jou handelsware steel en jou mure afbreek. Hulle sal jou pragtige huise verwoes en die bakstene en hout en sand in die see gooi.

13. Ek sal julle liedere en julle musiekinstrumente stilmaak.

14. Ek maak jou eiland ’n kaal rots waar vissermanne hulle nette uitsprei. Jy sal nooit weer herbou word nie, want Ek, die Here, sê so! Dit is die woord van die oppermagtige Here.”

Gevolge van Tirus se

vernietiging

15. “So sê die oppermagtige Here vir Tirus: Sal die hele kus nie bewe oor die geluid as jy neerslaan, oor die geskreeu van jou gewondes en die slagting in jou nie?

16. Die konings van die hawestede sal van hulle trone afklim en hulle koninklike klere uittrek. Hulle sal op die grond sit en bewe van angs oor wat met jou gebeur het.

17. Hulle sal oor jou treur en hierdie begrafnislied sing:“O beroemde eilandstad,eens het jy oor die see regeer,en hoe is jy nou verwoes!Jy het eens met jou mag oor die hele wêreld vrees ingeboesem.

18. Die kuslande bewe oor jou val.Die eilande van die seeis verskrik omdat jy weg is.

19. “So sê die oppermagtige Here: Ek maak Tirus ’n onbewoonde puinhoop. Jy sal onder die groot golwe wegsink. Die groot waters sal oor jou spoel.

20. Ek stuur jou ondertoe saam met dié wat lankal dood is. Jou stad sal in puin onder die aarde begrawe lê, soos hulle wat lankal in die land van die dooies is. Nooit weer sal jy terugkom na die land van die lewendes nie.

21. Ek bring jou tot ’n verskriklike einde. Jy sal nie meer bestaan nie. Hulle sal jou soek, maar jy sal nooit weer gevind word nie. Ek, die oppermagtige Here, sê so.”