hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Verhaal van twee arende

1. Toe het ek hierdie boodskap van die Here gekry:

2. “Mensekind, vertel hierdie storie, hierdie gelykenis vir die mense van Israel.

3. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “‘’n Groot arend met wye vlerke en bont vere het na die Libanon toe gekom. Hy het die top van ’n seder gevat

4. en dit afgepluk. Toe het hy dit weggedrana ’n stad vol handelaars en dit daar geplant.

5. “‘Hy het ook ’n steggie uit jou land gevat en dit in vrugbare grond langs ’n breë rivier geplant. Hier sou dit so vinnig groeisoos ’n wilgerboom.

6. Dit het wortelgeskiet en ’n wingerdstok geword, welig, maar laag op die grond. Sy takke het opgegroei na die arend toe, en sy wortels was diep in die grond. Dit het sterk ranke uitgestoot met baie blare.

7. Maar ’n ander groot arend met breë vlerke en baie vere het toe verbygekom. Die wingerdstok het sy wortels en takke na hom toe uitgesteek vir water.

8. Die wingerdstok het dit gedoen al was daar goeie grond en genoeg water sodat dit ’n sterk wingerdstok met baie blare en druiwe kon word.’

9. “Jy moet sê: ‘Die oppermagtige Here vra: Sal dit goed gaan met die wingerdstok? Sal dit nie ontwortel word, gestroop van al sy vrugte sodat dit verdroog nie? Selfs die nuwe groei sal verskrompel. Baie mense of baie krag is nie nodig om die wingerdstok wortel en tak uit te roei nie.

10. As die wingerdstok oorgeplant is, sal dit groei? Sal dit nie heeltemal verdroog wanneer die oostewind dit tref nie? Dit sal verdroog in dieselfde grond waarin dit nou so mooi uitspruit.’”

Die gelykenis verduidelik

11. Toe sê die Here vir my:

12. “Sê vir hierdie opstandige mense: Verstaan julle nie die betekenis van die gelykenis van die arende nie? Ek sal vir julle verduidelik, sê die oppermagtige Here. Die koning van Babilon het na Jerusalem gekom. Hy het haar koning en leiers weggeneem en hulle na Babilon toe saamgeneem.

13. Hy het ’n ooreenkoms met ’n lid van die koning se familie gesluit en hom ’n eed laat aflê dat hy lojaal sou wees. Hy het ook haar mees invloedryke leiers in ballingskap weggevoer

14. sodat Israel nie weer sterk kon word en in opstand kom nie. Sy kon oorleef slegs as sy haar hou by haar ooreenkoms met Babilon.

15. “Maar daardie koning het in opstand gekom en ambassadeurs na Egipte toe gestuur om ’n groot leërmag en baie perde te kry. Sal hy suksesvol wees? Sal die mens wat sulke dinge doen daarmee wegkom? Sal hy die ooreenkoms verbreek en tog ontsnap?

16. So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, hy sal in Babilon sterf, in die land van die koning wat hom op die troon gesit het. Hy het dié koning se ooreenkoms verag en verbreek.

17. Wanneer oorlog uitbreek en Jerusalem beleër word, sal die farao en sy magtige leër nie vir Israel kan help nie. Baie sal hulle lewe verloor,

18. want die koning het die eed wat hy afgelê het, geminag deur die ooreenkoms te verbreek. Hy het gesweer dat hy gehoorsaam sou wees; daarom sal hy nie ontsnap nie.

19. “So sê die oppermagtige Here: So seker as wat Ek lewe, Ek sal hom straf omdat hy die ooreenkoms met My verbreek het en die eed geminag het wat hy in my Naam gesweer het.

20. Ek sal my vangnet oor hom gooi en hom vang. Ek sal hom na Babilon toe bring en hom daar oordeel omdat hy verraad teen My gepleeg het.

21. En al sy beste soldate sal doodgemaak word. Dié wat in die stad oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Daardie dag sal julle weet dat Ek, die Here, so gesê het.

22. “Die oppermagtige Here sê: Ek sal ’n takkie van die top van ’n hoë seder neem en dit plant. Ek sal ’n takkie afpluk en dit op ’n hoë berg plant.

23. Ek sal dit op ’n hoë berg in Israel plant. Dit sal takke vorm en vrugte dra. Dit sal ’n groot seder word. Allerhande voëls sal daarin nes maak en skuiling tussen die takke kry.

24. En al die bome sal weet dat dit Ek, die Here, is wat die groot boom afgekap het en die klein boompie groot laat word het. Dit is Ek wat die groen boom laat verdroog en nuwe lewe vir die dooie boom gee. Ek, die Here, het gepraat! Ek sal doen wat Ek gesê het.”