hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Treurlied oor Tirus

1. Die Here het vir my gesê:

2. “Mensekind, sing ’n begrafnislied oor Tirus

3. wat langs die see lê en met baie lande handel dryf. So sê die oppermagtige Here: “Tirus, jy het gedink jy is baie mooi.

4. Jy het jou grense uitgebreioor die see. Bouers het jou ’n mooi skip gemaak.

5. Jy was soos ’n groot skip, gebou van sipresse uit Senir. ’n Seder van die Libanon is gebruik vir jou mas.

6. Jou roeispane het hullevan eike uit Basan gemaak. Jou dek het hullegebou van dennehout wat kom van die suidkus van Siprus, en dit met ivoor ingelê.

7. Jou seile is gemaak van Egipte se fynste linne. Dit het soos ’n vlag bo jou gewapper. Jy was bedek met wolstof, pers en rooi uit die Elisa-eilande.

8. “Jou roeiers kom uit Sidon en Arwad, jou matrose was ervare manne uit Tirus.

9. Goeie vakmanne het jou lekplekke toegestop. Skepe het met hulle vrag van elke land gekom om met jou handel te dryf.

10. “Manne uit Persië, Lud en Put het in jou weermag gedien. Hulle het hulle skilde en helms aan jou mure opgehang, en vir jou aansien gegee.

11. Manne uit Arwad en Gelek het op jou mure wag gestaan. En manne uit Gammad het jou torings bewaak. Hulle skildehet aan jou mure gehang, en vir jou groot aansien gegee.

12. “Tarsis was jou agent. Jy het jou ware verruil vir silwer, yster, tin en lood.

13. Handelaars uit Griekeland, Tubal en Mesek het slawe en koperware gebring.

14. Uit Bet-Togarma het ryperde, trekperde en muile gekom. Jy het al hierdie goed geruil vir wat jy vervaardig het.

15. Handelaars het ook uit Dedan gekom. Talle eilande was jou agente.Hulle het jou betaal met ivoor en ebbehout.

16. Aram het handelaars gestuur om met jou besigheid te doen. Met turkoois, pers wolstof, fyn linne, koraal en robyne het hulle vir jou ware betaal.

17. Juda en Israel het jou ware gekoop, en betaal met koring uit Minnit, kos en heuning, olyfolie en balsemgom.

18. Damaskus het baie produkte van jou gekoop, en met wyn uit Gelbon en wol uit Sagar betaal.

19. Dan en Grieke uit Usal het jou ware gekoop. Hulle het met bewerkte yster, met kaneel en kalmoes betaal.

20. Vir jou ware het Dedan met hulle saalkleedjies betaal.

21. “Die Arabiere en prinse van Kedar het met lammers, skaapramme en bokramme vir jou ware betaal.

22. Die handelaars van Skeba en Rama het met allerlei soorte speserye en met kosbare stene en goud vir jou ware betaal.

23. Haran, Kanne, Eden, handelaars van Skeba, Assirië en Kilmadhet ook met jou handel gedryf.

24. Met mooi blou materiaal, en geborduurde materiaal, het hulle betaal,met veelkleurige matte, vasgebind met koorde.

25. Die skepe van Tarsis het jou ware vervoer. Jou pakhuise was tot boordens toe vol!”

Vernietiging van Tirus

26. “Kyk, jou roeiers het joutot op die diepsee gebring. Hier sal die oostewind jou skip in stukke breek.

27. Alles sal verlore gaan, jou rykdom en handelsware, jou matrose en seemanne, jou skeepsbouers, jou handelaars en soldate. Almal sal in die diepte verdwyn, die dag as jy vergaan.

28. “Jou stede langs die see sal bewe as jou matrose roep om hulp.

29. Die roeiers spring van die skip af,matrose en seemanne staan langs die kus.

30. Hulle huil oor jou lot. Hulle treur hardop. Hulle gooi stof op hulle koppe en rol op die grond rond.

31. Hulle skeer hulle koppe kaal,en in rou oor jou trek hulle begrafnisklere aan. Hulle huil bitterlik omdat hulle oor jou treur.

32. Hierdie begrafnislied sing hulle terwyl hulle treur: “‘Was daar al ooit ’n stad soos Tirus,nou stil op die bodem van die see?

33. Jou handelaars met hulle ware het die behoeftes van nasiesbevredig. Konings oor die hele aardehet deur jou ryk geword.

34. “‘Nou lê jy vernietigop die bodem van die oseaan.Jou handelaars en matrosehet saam met jou gesink.

35. Almal wat langs die kus bly,is verskrik oor jou.Hulle konings se hare rys van skrik,hulle gesigte vertrek van vrees.

36. Die handelaars van die nasiesskud hulle koppeas hulle jou sien.Jou einde was verskriklik,jy bestaan nie meer nie.’”