hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Egbreuk van twee susters

1. Die Here het vir my gesê:

2. “Mensekind, daar was twee sussies, dogters van dieselfde ma.

3. Hulle het prostitute in Egipte geword. Selfs as jong kinders het hulle al toegelaat dat hulle betas en geliefkoos word.

4. Die ouer dogter se naam was Ohola, en haar sussie was Oholiba. Ek het met hulle getrou, en hulle het seuns en dogters by My gehad. Ohola is Samaria, en Oholiba is Jerusalem.

5. “Ohola was ontrou aan My. Sy het ander minnaars, die Assiriërs wat haar bure was, bo My verkies.

6. Hulle was almal aantreklike jong mans, goewerneurs en bevelvoerders, met pers klere aan. Hulle het op perde rondgejaag.

7. Sy was ’n prostituut vir die begeerlikste Assiriërs. En sy het die gode van haar minnaars aanbid.

8. Toe sy weggetrek het uit Egipte waar sy saam met jong mans geslaap het wat haar as maagd onteer het, het sy nie opgehou om haar as prostituut aan te bied nie.

9. Daarom het Ek haar aan haar minnaars oorgelewer, die Assiriërs wat sy so begeer het.

10. Hulle het haar kaal uitgetrek en haar doodgemaak. Hulle het haar kinders weggeneem. Elke vrou in die land het van haar geweet: sy was die sondaar wat gekry het wat sy verdien het.

11. “Alhoewel Oholiba gesien het wat met haar sussie gebeur, het sy aangehou om presies net so te maak. Trouens, sy was selfs nog erger. Sy het haar ten volle oorgegee aan haar sonde en prostitusie.

12. Sy het na die Assiriërs gesmag, die aantreklike jong mans op trotse perde, goewerneurs en bevelvoerders in mooi klere. Almal van hulle was begeerlik.

13. Ek het gesien hoe sy haar verontreinig het, hoe albei sussies dieselfde doen.

14. “Maar sy het nog verder gegaan. Sy het verlief geraak op prentjies wat teen ’n muur geverf was, prentjies van Babiloniese offisiere, met rooi verf geverf.

15. Hulle het mooi gordels gedra, met kopdoeke om hulle koppe. Hulle het nes die offisiere gelyk wat uit Babilonië kom.

16. Toe sy hulle sien, het sy daarna gesmag om haarself vir hulle te gee. Daarom het sy boodskappers na Babilonië gestuur.

17. Hulle het gekom en by haar kom slaap. Hulle het haar met hulle onsedelikheid kom besoedel. Later het sy ’n weersin in hulle gekry en haar verhouding met hulle verbreek.

18. “Daarom het Ek ’n weersin in Oholiba gekry, net soos in haar suster. Sy het mos haar lyf verkoop en haarself vir enigeen uitgetrek.

19. Maar sy het nie omgegee nie. Sy het net nog meer onsedelik geraak, nes in die dae toe sy nog jonk was, ’n prostituut in Egipte.

20. Daar het sy agter haar minnaars aangeloop, wat so driftig soos donkie- en perdehingste was.

21. Ja, jy het gesmag na jou afskuwelike gedrag in Egipte toe jy jonk was, toe jy toegelaat het dat jy betas en geliefkoos word.”

Die Here oordeel Oholiba

22. “Daarom, Oholiba, so sê die oppermagtige Here: Ek stuur jou minnaars in wie jy ’n weersin gekry het as vyande teen jou. Hulle sal van alle kante af teen jou kom.

23. Die Babiloniërs sal saam met al die Galdeërs kom vanaf Pekod en Soa en Koa. En die Assiriërs sal saam met hulle kom – aantreklike jong goewerneurs en bevelvoerders, offisiere en belangrike mense, almal te perd.

24. Hulle sal vanuit die noorde teen jou kom met strydwaens, waens en ’n groot leërmag. Hulle sal aan elke kant teen jou stelling inneem en jou omring met soldate wat gereedstaan vir die geveg. Ek sal jou aan hulle oorgee, en hulle sal met jou maak net wat hulle wil.

25. Ek stort my wraak uit oor jou. Hulle sal hulle op jou wreek en jou neus en ore afsny. Enigeen wat dit oorleef, sal in die geveg doodgemaak word. Hulle sal jou kinders wegvoer en alles wat agterbly, verbrand.

26. Jou klere en juwele sal hulle vir hulleself vat.

27. So maak Ek ’n einde aan jou afstootlike optrede en prostitusie wat jy van Egipte af saamgebring het. Jy sal nooit weer na jou minnaars soek nie, en nie meer aan Egipte dink nie.

28. “So sê die oppermagtige Here: Ek sal jou oorgee aan jou vyande, dié wat jy geminag het.

29. Hulle sal jou met haat behandel, alles vat waarvoor jy gewerk het, en jou kaal agterlaat. Die hele wêreld sal jou kaal sien staan in jou afskuwelike onsedelikheid.

30. Ek het dit alles oor jou gebring omdat jy ’n prostituut vir die nasies geword het en jou met hulle afgode besoedel het.

31. Jy het nes jou sussie gemaak; daarom straf Ek jou op dieselfde manier as vir haar.

32. “So sê die oppermagtige Here: Jy sal dieselfde beker moet drinkas jou sussie, ’n beker wat groot en diep is. Almal sal met jou spot omdat jou straf so groot is.

33. Jy sal in jou hartseer soos ’n dronkaard rondslinger, net soos jou sussie, Samaria.

34. Jy sal die beker drink, dit leeg drink,en dit stukkend breekterwyl jy jou borste oopruk, sê die oppermagtige Here.

35. “Omdat jy My vergeet het en jou rug op My gedraai het, sê die oppermagtige Here, sal jy die gevolge van jou afskuwelike onsedelikheid moet dra.”

Die Here se oordeel oor albei

susters

36. Die Here het vir my gesê: “Mensekind, kla Ohola en Oholiba aan oor hulle verskriklike dade.

37. Hulle het egbreuk en moord gepleeg – egbreuk deur afgode te aanbid, en moord toe hulle hulle kinders as offers op hulle altare verbrand het.

38. Ná dit alles het hulle ook my woonplek verontreinig en my Sabbatdae geminag.

39. Op dieselfde dag wat hulle hulle kinders voor die afgode vermoor het, het hulle ewe dapper in my woonplek gekom om My te aanbid! Hulle het ingestap en my huis verontreinig!

40. “Julle het boodskappers na ver lande gestuur om mans te kry. Toe hulle aankom, het jy jouself vir hulle gebad, jou gesig opgemaak en jou mooiste juwele aangesit om hulle te beïndruk.

41. Jy het saam met hulle op ’n mooi bed gaan sit. Die wierook en olie wat Ek vir jou gegee het, het jy op die tafel voor jou geplaas.

42. Die geraas van sorgelose mense kon uit jou slaapkamer gehoor word. Hulle was dronkaards uit die woestyn wat vir jou armbande aangesit en mooi krone opgesit het.

43. Toe het Ek gesê: ‘Het hulle by ’n ou prostituut wat opgebruik is, kom slaap? Dis wat sy is!’

44. En dis wat hulle gedoen het. Hulle het by Ohola en Oholiba geslaap, die skaamtelose prostitute.

45. Regverdige mense sal die twee susterstede oordeel vir wat hulle eintlik is: egbrekers en moordenaars. Regverdige mense sal hulle die straf oplê wat hulle verdien.

46. “So sê die oppermagtige Here: Bring ’n hele leër teen hulle en laat hulle geterroriseer en geplunder word!

47. Hulle vyande sal hulle met klippe gooi en met swaarde doodmaak. Hulle sal hulle seuns en dogters slag en hulle huise afbrand.

48. Op hierdie manier sal Ek ’n stokkie steek voor die afskuwelike optrede in die land. En alle vroue sal dit sien en nie dieselfde dinge as hulle doen nie.

49. Julle sal gestraf word vir julle afskuwelike optrede, toe julle afgode aanbid het. Julle sal die straf moet dra! Dan sal julle agterkom dat Ek die oppermagtige Here is.”