hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap vir Egipte

1. Op 7 Januarie, in die tiende jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

2. “Mensekind, draai in die rigting van Egipte en profeteer teen die farao, die koning van Egipte, en al sy mense.

3. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Farao, koning van Egipte. Jy is ’n groot monster in die Nyl wat sê: ‘Die Nyl behoort aan My. Ek het dit self gemaak.’

4. Ek sit hake in jou kakebeen en sleep jou uit die rivier terwyl die visse vassit aan jou skubbe.

5. Ek gooi jou in die woestyn, jy en al die visse in jou.Niemand sal jou begrawe nie, want Ek maak jou kos vir die wilde diere en die voëls.

6. “Die mense van Egipte sal ontdek dat Ek die Here is, want jy was soos ’n riet waarop Israel wou leun.

7. Toe hy jou hand vat, het jy gebreek en in sy skouer gesteek. Toe hy sy gewig op jou sit, knak jy en beseer hy sy rug.

8. “Daarom sê die oppermagtige Here: Ek bring ’n leër teen jou, Egipte, en vernietig jou mense en diere.

9. Egipte sal ’n verlate puinhoop wees, en die mense van Egipte sal besef dat Ek die Here is.“Want jy het gesê: ‘Die Nyl behoort aan my. Ek het dit self gemaak.’

10. Nou het Ek jou en jou rivier se vyand geword. Ek vernietig Egipte, van Migdol tot Aswan, tot by die grens van Kus.

11. Vir 40 jaar lank sal niemand, nie ’n mens of dier, daar verbygaan nie. Niemand sal daar bly nie.

12. Ek maak Egipte verlate, omring deur ander nasies wat verlate is. Die stede sal leeg en verlate lê vir 40 jaar, omring deur verlate stede. Ek verstrooi die mense van Egipte na verre lande.

13. “Die oppermagtige Here sê ook nog: Aan die einde van 40 jaar bring Ek die mense van Egipte huis toe uit die lande waarheen hulle verstrooi was.

14. Ek herstel die voorspoed van Egipte en bring hulle terug na die land van Patros, die land van hulle herkoms, maar dan sal Egipte ’n onbelangrike land wees.

15. “Dit sal die kleinste van die nasies wees, nooit groot genoeg om hom weer bo die ander te verhef nie. Ek maak dit so swak dat dit nie weer oor ander nasies sal regeer nie.

16. “Dan sal Israel nie weer in versoeking kom om op Egipte vir hulp te steun nie. Nee, Egipte sal Israel herinner hoe sondig hy was toe hy sy hoop op Egipte gestel het. Dan sal hulle besef dat Ek die oppermagtige Here is.”

Nebukadnesar gaan Egipte

oorwin

17. Op 26 April, in die 27ste jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

18. “Mensekind, die leër van koning Nebukadnesar van Babilon het so hard teen Tirus baklei dat die soldate se koppe kaal geskaaf en hulle skouers deurgeskuur is. Maar hulle kon niks as buit uit Tirus saamneem om die soldate mee te vergoed nie.

19. Daarom sê die oppermagtige Here: Ek gaan Egipte aan Nebukadnesar, koning van Babilon, gee. Hy dra Egipte se rykdom weg en plunder sy skatte om sy leër se lone te betaal.

20. Ek gee hom Egipte as beloning vir sy werk, sê die oppermagtige Here, want hy het vir My gewerk toe hy Tirus verwoes het.

21. “Daardie dag herstel Ek Israel se vroeëre eer. Dan sal mense na jou luis-ter. En hulle sal weet dat Ek die Here is.”