hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Riviere van genesing

1. Die man het my teruggebring na die ingang van die tempel. Daar het ek ’n stroom water gesien wat onder die tempel se drumpel ooswaarts uitvloei, want die tempel het oos gekyk. Hierdie stroom het regs van die altaar, aan die suidekant, verbygegaan.

2. Die man bring my toe buitekant die muur deur die noordelike ingang en lei my na die oostelike ingang. Daar kon ek die stroom water sien vloei deur die suidelike kant van die oostelike ingang.

3. Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het 500 metervanaf die oospoort gemeet. Toe laat hy my deur die water loop. Hier was die water enkeldiep.

4. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Hier was dit kniediep. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Nou het dit tot by my heupe gekom.

5. Toe meet hy nog 500 meter af, maar toe was die water ’n rivier waardeur ’n mens nie kon loop nie. Die water was diep genoeg dat ’n mens daarin kon swem. Dit het ’n rivier geword waardeur ’n mens nie kon loop nie.

6. Hy vra toe vir my: “Mensekind, het jy dit gesien?” Toe lei hy my terug na die rivier se oewer.

7. Terwyl ek daar loop, sien ek ’n hele klomp bome aan albei kante van die rivier.

8. Hy het vir my gesê: “Hierdie rivier vloei oos deur die woestyn af na die Jordaanvallei toe, waar dit dan in die Dooie See invloei. Die water van dié rivier sal die soutwater van die Dooie See vars maak.

9. Oral waar hierdie rivier loop, bring dit lewe. Vis sal volop wees, want hierdie water sal die soutwater vars maak. Waar die water ook al vloei, sal alles lewe.

10. Vissermanne sal langs die oewers van die Dooie See staan en visvang, van En-Gedi tot by En-Eglajim. Die oewers sal vol nette wees wat in die son drooggemaak word. Allerhande soorte vis sal in die Dooie See wees, net soos in die Middellandse See!

11. Die moerasse en kuile se water sal egter nie vars word nie. Hulle sal soutbronne bly.

12. Allerhande soorte vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare van hierdie bome sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte aan die takke wees. Daar sal elke maand ’n vrugte-oes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei. Die vrugte sal kos wees en die blare sal genesing bring.”

Grense van die land

13. “So sê die oppermagtige Here: So lyk die grense waarvolgens jy die land onder die twaalf stamme van Israel moet verdeel: Josef moet twee dele kry.

14. Jy moet die land eweredig tussen die res verdeel. Ek het hierdie land as hulle eiendom gegee omdat Ek aan hulle voorouers belowe het om dit te doen.

15. “Die noordelike grens loop van die Middellandse See af oor Getlon tot by Sedad,

16. dan oor Hamat, Berota, Sibrajim tussen die gebiede van Damaskus en Hamat, en Middel-Gaser op die grens van Gauran.

17. Die noordelike grens loop dus van die Middellandse See af tot by Gasar-Enan, op die grens tussen Hamat aan die noorde en Damaskus aan die suide.

18. “Die oostelike grens begin by ’n punt tussen Gauran en Damaskus en loop suidwaarts al langs die Jordaan af tussen Gilead en Israel, verby die Dooie See en tot so ver suid as Tamar. Dit is die oostelike grens.

19. “Die suidelike grens gaan suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die Egiptespruit langs tot teen die Middellandse See. Dit is die suidgrens.

20. “Aan die westekant is die Middellandse See julle grens, van die suidgrens af tot regoor Lebo-Hamat. Dit is die wesgrens.

21. “Verdeel die land binne hierdie grense tussen die stamme van Israel.

22. Verdeel die land as ’n erfdeel vir julleself en vir die vreemdelinge wat tussen julle bly en wat kinders het. Julle moet sulke vreemdelinge as medeburgers tussen julle beskou. Hulle moet ’n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.

23. Hierdie immigrante moet grond kry binne die grense van die stam waarin hulle nou leef, sê die oppermagtige Here.”