hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Esegiël se roeping en opdrag

1. “Staan op, mensekind,” het die stem gesê. “Ek wil met jou praat.”

2. Die Gees het oor my gekom terwyl Hy gepraat het en my op my voete geplaas. Ek het sorgvuldig na sy woorde geluister.

3. “Mensekind,” het Hy gesê, “Ek stuur jou na die volk Israel toe, ’n nasie wat teen My rebelleer. Hulle voorouers het al van die begin af teen My gerebelleer, en hulle is steeds tot vandag toe in opstand teen My.

4. Hulle is ’n hardkoppige geslag wie se harte verhard is. Maar Ek stuur jou om vir hulle te gaan sê: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê!’

5. En of hulle luister of nie, hulle moet ten minste weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Onthou, hulle is ’n opstandige spul.

6. “Mensekind, moenie vir hulle bang wees nie. Moenie vrees nie, selfs al steek hulle dreigemente soos skerp dorings en doringstruike, en al leef jy tussen skerpioene. Moenie skrik vir wat hulle sê nie en moenie vrees vir hoe hulle lyk nie. Onthou, hulle is ’n klomp opstandige mense.

7. Gee my boodskap vir hulle, of hulle luister of nie. Maar hulle sal nie luister nie. Die hele spul is immers hardkoppig.

8. “Mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie so opstandig wees soos hulle nie. Maak jou mond oop en eet wat Ek vir jou gee.”

9. Toe sien ek ’n hand wat na my toe uitgesteek word. Dit het ’n boek vasgehou.

10. Die hand het die boek oopgerol en daar was hartseer begrafnisliedere en klaagliedere aan albei kante daarvan geskryf.