hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 31 Bybel vir Almal (ABA)

Assirië, die sederboom wat geval het

1. Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet vir die farao en vir al sy soldate sê:“Wie was so belangrik soos jy?Niemand.

3. Kyk na Assirië.Assirië was soos ’n sederboomop die Libanon-berg.Die boom het mooi takke gehaden baie blare.Die boom was hoog en sy boonste puntwas tussen die wolke.

4. Daar was baie water by die sederboom.Die water het die boom groot laat word.Die diep water het hom hoog laat groeien dit het strome water laat vloeirondom die plekwaar die boom gegroei het.Die strome water het gevloeina al die bome.

5. Die sederboom het hoër gegroeias al die ander bome,dit het groot takke en lang blare gekry,want dit het baie wateruit die waterslote gekry.

6. Al die voëls het hulle neste kom maakin die takke van die groot boom,die wilde diere het kleintjies gekryonder die boom,en al die baie volke hetin sy skaduwee kom woon.

7. Die boom was mooi en hy was groot.Sy takke was lank,want sy wortels was by baie water.

8. Die ander sederbome in die godetuinkon nie hoër groei as hy nie,die sipresbome was nie soos hy nie,en die plataanbome was nie so grootsoos die sederboom se takke nie.Nie een boom in die godetuin was so mooisoos hy nie.

9. Ek het die boom mooi gemaak,Ek het vir hom baie takke gegee.Al die ander bome van Edenwat in die godetuin was,was jaloers op die groot boom.”

10. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die sederboom het hoog gegroei en sy boonste punt was tussen die wolke. Toe het hy hoogmoedig geword omdat hy so groot was.

11. Daarom het Ek die boom vir die sterkste man van al die volke gegee sodat hy met die boom kon doen wat hy wil. Die man het vir die boom die straf gegee wat hy moes kry, want die boom was sleg. Ek het die groot sederboom weggegooi.

12. Vreemde mense, wrede volke, het die boom afgekap en omgegooi. Sy takke het geval op die berge en in al die valleie. Sy takke het gebreek en dit het in al die waterslote gelê. Al die volke van die aarde het weggegaan uit die skaduwee van die boom en hulle het die boom daar laat lê.

13. Toe die boom daar lê, het al die voëls op hom kom sit en al die diere het tussen sy takke kom staan.

14. Dit het gebeur sodat almal moet weet dat ’n boom by die water nooit weer so hoog sal groei dat sy boonste punt tussen die wolke is nie. Almal moet weet dat ’n boom wat water kry, nooit weer so groot sal word nie. Almal wat soos hierdie boom is, sal moet sterf. Hulle sal afgaan na die land daar onder, hulle sal afgaan tussen die ander mense, die mense wat afgaan in die graf.”

15. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek het die diep water laat rou oor die groot sederboom. Ek het die sederboom laat toemaak daardie dag toe hy afgegaan het na die doderyk. Ek het die riviere laat ophou vloei en Ek het die baie water teruggehou. Ek het die Libanon-berg laat rou oor die groot sederboom, en al die bome het flou geword oor die sederboom.

16. Ek het die volke laat bewe toe hulle hoor hoe die boom val. Dit was toe Ek die boom laat afgaan het na die doderyk saam met die mense wat afgaan in die graf. Al die bome van Eden, die beste en mooiste bome op die Libanon-berg wat water gekry het, het beter gevoel in die land daar onder, die doderyk.

17. Daardie bome het saam met die sederboom afgegaan na die doderyk, na die mense toe wat in oorlog gesterf het, die mense wat hom sterk gemaak het en wat tussen die volke in sy skaduwee gesit het.

18. Farao, watter bome in Eden was so belangrik en so groot soos jy? Nie een nie. Nou sal jy ook moet sterf en afgaan na die land daar onder saam met die bome van Eden. Jy sal daar lê tussen die mense, niemand respekteer daardie mense nie. Jy sal daar lê saam met die mense wat in oorlog gesterf het, jy en al jou soldate.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.