hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal oorlog bring in die land

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet jou gesig na die berge van Israel draai en jy moet vir hulle sê wat Ek sê.

3. Jy moet sê: Berge van Israel, julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê vir die berge en die heuwels en die riviere en die valleie: Ek sal nou oorlog bring na julle toe en Ek sal julle offer-plekke verwoes.

4. Die vyande sal julle altare afbreek en hulle sal julle wierook-altare stukkend slaan. Ek sal julle mense wat in die oorlog sterf, laat val voor julle afgode.

5. Ek sal die lyke van die Israeliete voor hulle afgode gooi en Ek sal hulle bene oral rondom hulle altare laat lê.

6. Die stede sal hope klippe word, oral waar julle woon. Die vyande sal die offer-plekke verwoes, hulle sal julle altare afbreek en verwoes. Hulle sal julle afgode stukkend slaan sodat niks oorbly nie. Hulle sal julle wierook-altare stukkend kap en alles wegvee wat julle gemaak het.

7. Die liggame van die mense wat in die oorlog gesterf het, sal tussen julle lê. Dan sal julle weet dat Ek die Here is.

8. Maar julle sal nie almal in die oorlog sterf nie. Party van julle sal vry wegkom en hulle sal tussen die ander volke gaan woon. Ek sal hulle na daardie lande laat gaan.

9. Die mense wat vry wegkom, sal aan My dink wanneer hulle gevangenes is tussen die ander volke. Hulle sal onthou hoe hulle My hartseer gemaak het toe hulle ontrou was en toe hulle van My weggegaan het na hulle afgode toe. Hulle sal naar word vir hulleself oor die slegte dinge wat hulle gedoen het, al die lelike dinge wat Ek haat.

10. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is. Ek het gesê dat Ek hierdie slegte dinge met hulle sal laat gebeur, en Ek het nie net gepraat nie, Ek sal dit ook doen.”

11. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy moet jou hande teen mekaar slaan, jy moet jou voete stamp, jy moet kla oor die slegte, lelike dinge wat die volk Israel gedoen het. Hulle sal sterf in oorlog, hulle sal sterf van honger en van pes.

12. Die mense wat ver is, sal sterf van pes, die mense wat naby is, sal sterf in oorlog. Die mense wat oorbly en wat nog lewe, sal sterf van honger. Ek is baie kwaad, Ek sal nie ophou om hulle te straf nie.

13. Julle sal weet dat Ek die Here is wanneer julle sien die mense lê tussen hulle afgode rondom hulle altare, die mense wat in die oorlog gesterf het. Dit sal gebeur op elke hoë heuwel, bo-op die berge, onder elke groen boom, elke groot boom met baie takke, elke plek waar hulle vir al hulle afgode ge-offer het.

14. Ek sal my hand uitsteek en hulle straf en Ek sal die land ’n plek maak waar niemand woon nie. Almal sal skrik vir die land, van die woestyn tot by die stad Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”