hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die man het my toe in die voorste kamer van die tempel gebring. Hy het die mure by die twee kante van die deur gemeet. Elke muur was ses el dik.

2. Die deur was tien el breed, en elke muur langs die twee kante van die deur was vyf el breed. Die man het die voorste kamer gemeet. Dit was 40 el lank en 20 el breed.

3. Toe gaan die man na die agterste kamer en hy meet die mure langs die twee kante van die deur. Die mure was twee el dik. Die deur was ses el breed, en elke muur langs die twee kante van die deur was sewe el lank.

4. Die man het gemeet hoe lank die kamer is. Dit was twintig el lank. Die kamer was twintig el breed, dieselfde soos die voorste kamer. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die hoog-gewyde kamer.”

5. Toe het hy die muur van die tempel gemeet. Dit was ses el dik. Die gebou teen die buitemure van die tempel was vier el breed.

6. Die gebou het drie verdiepings gehad, en daar was 30 kamers in elke verdieping. Die mure van hierdie gebou was vas teen die mure van die tempel maar hierdie mure was nie dieselfde as die tempel se mure nie. Die mure van die gebou was dik by die onderste verdieping en dit was dunner by die tweede verdieping en dit was nog dunner by die derde verdieping.

7. Hierdie muur het drie mure van die tempel tot bo toegemaak. Die kamers op die tweede verdieping was breër as die kamers op die eerste verdieping, en die kamers op die derde verdieping was breër as die kamers op die tweede verdieping. Daar was ’n trap, en ’n mens kon teen die trap opgaan van die onderste verdieping deur die middelste verdieping tot by die boonste verdieping.

8. Ek het gesien die tempel is hoër as die ander gebou. Die fondamente van die gebou teen die mure van die tempel was een meetriet hoog, dit is ses el in die koningsmaat.

9. Die buitenste muur van die gebou teen die mure van die tempel was 5 el dik. Daar was ’n oop plek tussen die gebou wat teen die tempelmuur was

10. en die kamers op die oop stuk grond. Die oop plek was 20 el breed en dit was langs al die kante van die tempel.

11. ’n Mens kon van die oop plek ingaan in die gebou wat teen die tempelmure was. ’n Mens kon ingaan by die noordekant of by die suidekant. Die muur van die oop plek was oral 5 el breed.

12. Daar was ook ’n gebou op die westekant van die oop plek. Die gebou was 70 el breed, en die muur van die gebou was oral 5 el dik. Die gebou was 90 el lank.

13. Die man het toe die tempel gemeet. Dit was 100 el lank, en die oop plek saam met die gebou en sy mure was ook 100 el lank.

14. Die oop plek oos van die tempel was 100 el breed.

15. Die man het gemeet hoe breed die gebou is langs die oop plek agter die tempel. Hy het dit gemeet saam met die gange langs die twee kante van die gebou, dit was 100 el.Die voorste en die agterste kamers van die tempel was toe met planke, en ook die voorportale waardeur ’n mens na die oop stukke grond kon gaan,

16. die drumpels, die vensters met die hortjies, die vensterbanke by die drie kante, en die voorkante van die drumpels, dit alles was toe met planke. Dit was toegemaak met planke, van die vloer tot by die vensters, en die venster-rame was ook van hout gemaak.

17. Bokant die deur en teen elke muur van die tempel, binne en buite, was daar

18. gerubs en palmbome, en ook teen al die mure rondom, binne en buite. Daar was elke maal ’n palmboom tussen twee gerubs, en elke gerub het twee gesigte gehad.

19. Een gesig was ’n mensgesig en die ander gesig was ’n leeugesig, en die gesigte het na die palmbome gekyk. Daar was gerubs teen al die mure van die tempel.

20. Daar was gerubs en palmbome van die vloer tot bokant die deur, en ook teen die muur van die voorste kamer.

21. Die raam van die deur van die voorste kamer was vierkantig. Die deur van die gewyde kamer het dieselfde gelyk.

22. Die altaar in die voorste kamer was van hout gemaak, en dit was drie el hoog en twee el lank. Sy hoeke en sy kante was ook van hout gemaak. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die tafel wat altyd in die voorste kamer moet staan, voor die Here.”

23. Daar was deure voor die voorste kamer en voor die gewyde kamer.

24. Dit was dubbeldeure wat kon swaai.

25. Daar was gerubs en palmbome op die dubbeldeure, dieselfde soos op die mure. Voor die voorportaal, langs die buitekant, was daar ’n afdak van hout.

26. Daar was vensters met hortjies. Daar was ook palmbome op altwee kante teen die mure van die voorportaal, en ook teen die kamers van die gebou teen die tempel, en teen die afdakke.