hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 10 Bybel vir Almal (ABA)

Esegiël sien weer die lig wat om die Koning, die Here, is

1. Ek het gekyk en toe sien ek iets soos saffierklip bokant die hemeldak wat oor die koppe van die gerubs was. Ek het bokant die gerubs iets gesien wat soos ’n troon lyk.

2. Die Here het vir die man met die linne-klere gesê: “Jy moet tussen die wiele ingaan wat onder die gerubs is en jy moet jou twee hande vol warm kole maak. Dan moet jy die kole oor die stad gooi.”Ek het gesien die man gaan en hy doen dit.

3. Die gerubs het suid van die tempel gestaan toe die man daar kom. ’n Wolk het die binneste oop stuk grond toegemaak.

4. Die lig wat om die Here is, het opgegaan van die gerub en dit het bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel was vol van die wolk, en die oop stuk grond was vol van die blink lig wat om die Here is.

5. ’n Mens kon die vlerke van die gerubs hoor raas in die buitenste oop stuk grond. Dit was soos wanneer die Almagtige God praat.

6. Die Here het vir die man met die linne-klere gesê hy moet vuur gaan haal tussen die wiele tussen die gerubs. Die man het gegaan en hy het langs ’n wiel gaan staan.

7. ’n Gerub het sy hand uitgesteek na die vuur tussen die gerubs en hy het kole geneem en dit in die hande van die man met die linne-klere gesit. Die man het dit geneem en uitgegaan.

8. Ek het onder die vlerke van die gerubs iets gesien. Dit het gelyk soos menshande.

9. Toe ek weer kyk, sien ek vier wiele langs die gerubs. Daar was ’n wiel langs elke gerub. Die wiele het gelyk soos chrisoliet-klip.

10. Die wiele het dieselfde gelyk. Dit het gelyk of daar nog ’n wiel binne-in elke wiel was, daardie wiel was dwars.

11. Die wiele kon na enige kant beweeg. Die wiele het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie, want die wiele het almal gegaan waar die voorste wiel gegaan het. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie.

12. Elke gerub se lyf was rondom vol oë, ook sy rug, sy hande en sy vlerke, en ook die vier wiele.

13. Ek het gehoor iemand sê dit is wiele.

14. Elke gerub het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van ’n gerub, die tweede gesig was die gesig van ’n mens, die derde gesig was die gesig van ’n leeu en die vierde was die gesig van ’n arend.

15. Die gerubs het in die lug opgegaan. Dit was dieselfde diere wat ek by die Kebar-kanaal gesien het.

16. Wanneer die gerubs beweeg het, dan het die wiele langs hulle ook beweeg. Wanneer die gerubs met hulle vlerke in die lug opgegaan het, dan het die wiele nie weggedraai nie. Hulle het langs die gerubs gebly.

17. Wanneer die gerubs gestaan het, dan het die wiele ook gestaan, en wanneer die gerubs in die lug opgegaan het, dan het die wiele ook opgegaan. Die gees van die diere was in die wiele.

18. Die lig wat om die Here is, het weggegaan van die drumpel van die tempel en dit het bokant die gerubs gebly.

19. Ek het gesien hoe die gerubs hulle vlerke optel en in die lug opgaan. Toe hulle gegaan het, het die wiele saam met hulle gegaan. Hulle het gaan staan by die ingang van die poort oos van die tempel, en die lig wat om die Koning, die God van Israel, is, was bokant hulle.

20. Dit was die diere wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebar-kanaal. Ek het geweet hulle is gerubs.

21. Elke gerub het vier gesigte gehad en dit het gelyk of daar hande onder hulle vlerke is, hande soos ’n mens se hande.

22. Hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebar-kanaal gesien het. Elke gerub het reguit vorentoe gegaan.