hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 45 Bybel vir Almal (ABA)

Die gewyde deel van die land, en die grond vir die stad en die regeerder

1. Die Here het gesê: “Wanneer julle die land tussen die stamme verdeel, dan moet julle vir die Here ’n stuk grond gee, ’n gewyde deel van die land. Die stuk grond moet 25 000 el lank en 10 000 el breed wees. Die hele stuk grond moet gewyd wees.

2. Van hierdie grond moet ’n stuk grond 500 el lank en 500 el breed vir die gewyde plek wees, en rondom die gewyde plek moet daar 50 el weiveld vir die diere wees.

3. Van die hele stuk grond wat julle gemeet het, moet julle ’n stuk meet wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is. Daar moet die gewyde plek wees, die hoog-gewyde plek.

4. Hierdie stuk grond moet die gewyde deel van die land wees. Die priesters wat in die gewyde plek van die Here werk en wat by die altaar kom om vir die Here te werk, moet daardie grond gebruik. Dit is die plek waar hulle huise mag bou en waar die gewyde plek moet wees.

5. Die ander stuk grond, 25 000 el lank en 10 000 el breed, is vir die Leviete wat by die tempel werk. Hulle 20 kamers moet daar wees.

6. Die grond waarop die stad moet staan, moet 5 000 el breed en 25 000 el lank wees. Hierdie grond moet langs die gewyde grond wees en dit moet aan al die Israeliete behoort.

7. Die regeerder moet grond kry langs altwee kante van die gewyde grond en die stad se grond, dit is by die westekant en by die oostekant. Dit moet so groot wees soos die grond wat een stam kry, die grond moet wees van die wesgrens van die land tot by die oosgrens.

8. Dit is die grond in die land Israel wat moet behoort aan die regeerder. Die regeerders van my volk mag nie meer my volk laat swaarkry nie. Hulle moet die land vir die stamme van die volk Israel gee.”

9. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Regeerders van Israel, julle moet nou ophou om slegte dinge te doen aan mense, julle moet ophou om hulle te verdruk. Julle moet regverdig wees en reg doen. Julle moet ophou om my volk se grond vir julleself te vat.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

Meet en weeg

10. “Julle moet weegskale hê wat reg meet en weeg, en wanneer julle ’n efa of ’n bat meet, dan moet dit reg wees.

11. Die efa en die bat moet dieselfde wees. Altwee moet een tiende van ’n homer wees. Die homer is die standaardmaat.

12. ’n Sikkel moet 20 gera wees, en ’n mine moet 60 sikkels wees.”

Presente vir die tempel

13. “Hier is die dinge wat julle vir die tempel moet gee: Julle moet een sesde van ’n efa koring gee van elke homer koring wat julle kry, en julle moet een sesde van ’n efa gars gee van elke homer gars wat julle kry.

14. Julle moet een tiende van ’n bat olyf-olie gee van elke kor olyf-olie wat julle kry. Daar is tien bat in ’n homer, en in ’n kor is daar ook tien bat.

15. Julle moet een skaap of bok gee uit elke trop van 200 skape of bokke op die weivelde van Israel, die weivelde waar daar baie water is. Alles wat julle gee, is vir die koring-offers, die brand-offers en die ete-offers. Die priesters moet met die offers versoening doen vir julle.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

16. “Al die mense van die land moet hierdie dinge gee. Hulle moet dit vir die regeerder van Israel gee.”

Feeste en offers

17. “Die regeerder moet dan hierdie goed gee om die brand-offers, die koring-offers en die drank-offers te wees. Hy moet dit gee op die feeste, die Nuwemaan-feeste, die Sabbatdae, op al die feestye van die volk Israel. Hy moet die goed gee vir die sonde-offers, die koring-offers, die brand-offers en die ete-offers. Die priesters moet daarmee versoening doen vir die volk Israel.”

18. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy ’n gesonde bul bring. Dit is die sonde-offer, die priesters moet die gewyde plek met die sonde-offer reinig.

19. Die priester moet van die bul se bloed neem en hy moet dit smeer aan die rame van die tempel se deure, en aan die vier hoeke van die altaar se boonste rand en aan die rame van die deure van die poorte na die binneste oop stuk grond.

20. Die priester moet dit ook doen op die sewende dag van elke maand. Hy moet dit doen vir mense wat nie weet dat hulle verkeerd gedoen het nie, of vir mense wat nie weet dat dinge wat hulle gedoen het, verkeerd is nie. Dit is hoe julle die tempel moet reinig.

21. “Julle moet die Paasfees vier op die veertiende dag van die eerste maand. Julle mag op daardie dag net ongesuurde brood eet. Julle mag sewe dae lank net daardie soort brood eet.

22. Die regeerder moet op die Paasfees ’n bul gee om ’n sonde-offer te wees vir homself en vir die hele volk.

23. Hy moet in die sewe dae van die Fees van die Ongesuurde Brood elke dag sewe gesonde bulle en sewe gesonde skaap-ramme gee om ’n brand-offer te wees vir die Here. Hy moet elke dag ook nog ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees.

24. Hy moet ook ’n efa koring of gars offer saam met elke bul en elke skaap-ram, en ’n hin olyf-olie saam met elke efa koring of gars.

25. Die Hutte-fees begin op die vyftiende dag van die sewende maand, dan moet die regeerder elke dag dieselfde offers gee soos op die Fees van die Ongesuurde Brood.”